On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Paartjie se tentdood in Clarens nog ondersoek

───   ZENANDE MPAME 11:20 Sun, 01 Oct 2023

Paartjie se tentdood in Clarens nog ondersoek | News Article
Carl Koen (50) en Sharon de Villiers (50) se dood in die Oos-Vrystaat word nog ondersoek. Foto: Facebook

“Daar word beweer dat hulle die gas in die oorledene se tent kon ruik toe hulle by die tent ingegaan het, en albei het steeds op hul bed gelê.”

Die oorsaak van ’n Gautengse paartjie se dood in Clarens word nog ondersoek, amper ’n week nadat hulle Maandag (24/9) dood in hul tent aangetref is waar hulle ’n Jimny-motorfees in die Oos-Vrystaat bygewoon het.

Toe die fees se organiseerders die tent ooorits om dit ná die fees af te slaan, het hulle op die twee liggame afgekom. Sharon de Villiers (50) en Carl Koen (50) is op die toneel dood verklaar.

“Daar word beweer dat hulle die gas in die oorledene se tent kon ruik toe hulle by die tent ingegaan het, en albei het steeds op hul bed gelê.

Honderde Suzuki Jimny-voertuie het by Clarens opgedaag. Foto: Suzuki Auto Suid-Afrika

“Die oorsaak van dood word tans ondersoek, met aanvanklike aanduidings wat dui op moontlike koolstofmonoksiedvergiftiging weens ’n gassstofie wat in die tent gebruik is,” sê kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder..

Die Jimny-fees was ’n langnaweekbyeenkoms, met aktiwiteite soos ’n stil-disko, konserte, veldritte, asook kuiersessies saam met ander Jimny-aanhangers. Dit is ’n hoogtepunt vir eienaars van dié klein 4X4-nutsvoertuig.

Netwerk24 berig De Villiers se dogter Bianca wonder waarom die organiseerders nie besef het die egpaar het hulp nodig nie, en hoekom hulle eers gevind is toe die perseel se tente opgeslaan is. Daar word vermoed dat hulle reeds Saterdag omgek9m het.

Earle sê die ondersoek na hul dood duur voort.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.