On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Wolke pak glo saam oor munisipale amptenare in Sasolburg

───   LUCKY NKUYANE 12:01 Wed, 04 Oct 2023

Wolke pak glo saam oor munisipale amptenare in Sasolburg | News Article
Die EFF in die Fezile Dabi-streek, gelei deur sy voorsitter, April Motaung, het ’n saak teen Metsimaholo-beamptes geopen. Foto verskaf

“Jy sien hoe hulle sosialemediaplatforms daarmee oorstroom het – dit is nie op beginsels gegron nie, maar die pure begeerte om politieke punte teen die DA en die uitvoerende burgemeester aan te teken.”

Die Vrystaatse polisie het ’n tender-korrupsie-aangeleentheid van R2,4 miljoen, waarby twee senior rekenpligtige amptenare van die Sasolburg-gebaseerde Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit na bewering betrokke was, na 'n veel hoër en gesofistikeerde afdeling vir verdere ondersoek verwys.

OFM Nuus het vroeër berig dat ’n forensiese verslag deur Molefi Ntleru Inc. Prokureurs die munisipale bestuurder en finansiële hoof betrek het en ook ’n bevinding teen Jeff Zwane, die DA-burgemeester, gemaak het.

Volgens die verslag het Zwane ingemeng met administratiewe kwessies en was daar ’n konflik van belange. Na aanleiding van die verslag, het die EFF in die Fezile Dabi-streek, onder leiding van sy voorsitter, April Motaung, vroeër ’n saak teen dié drie aanhangig gemaak.

Motaung het aan OFM Nuus gesê die polisie moet geen steen onaangeroer laat nie en toesien dat geregtigheid geskied sodat alle skuldiges aan die pen ry. “Die EFF is ingelig dat ’n saak na die Thabong gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid oorgeplaas is. Hulle het ’n streng mandaat om misdaad en georganiseerde handelsmisdaad te ondersoek en te vervolg.”

Die EFF het ook ná dié forensiese verslag ’n mosie van wantroue teen Zwane en die raad se speaker ingedien. Die langverwagte vergadering word Vrydag (6/10) gehou. “In tipiese DA-styl, soortgelyk aan sy eweknie by die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, het mnr. Zwane voorgegee asof hy nie geweet het dat die lyfwag/bestuurder ’n tegniese adviseur in tenderprosesse is nie, wat onwettig is.”

Die DA-koukusleier, Thulani Mbana, het voorheen aan OFM Nuus gesê die kantoor van die uitvoerende burgemeester is in kennis gestel van die mosie van wantroue en bygevoeg dat dit ’n poging is om politieke punte aan te teken, aangesien die bewerings teen Zwane ongegrond is.

"Jy sien hoe hulle sosialemediaplatforms daarmee oorstroom het – dit is nie op beginsels gegrond nie, maar die pure begeerte om politieke punte teen die DA en die uitvoerende burgemeester aan te teken. Op hierdie stadium bestudeer die kantoor van die burgemeester die mosie en ons sal mettertyd dienooreenkomstig reageer,” sê Mbana.

OFM Nuus het vroeër berig Zwane is deur 'n mosie van wantroue uitgedryf, maar hy is later heraangestel deur 'n hofbevel wat bevind het dat die sitting wat gehou is om hom te verdryf, ongeldig en onwettig was.

OFM Nuus 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.