Central SA
Noord-Kaapse verkragter met 26 jaar gestraf─── 11:22 Sun, 08 Oct 2023
“Hy het aangebied om haar huis toe te begelei weens die donker, en sy het dankbaar sy aanbod aanvaar.”
Hartswater se streekhof het Tsholofelo Sydney Wesi (27) 26 jaar gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van 'n 27-jarige vrou op 7 September 2019.
Polisiewoordvoerder Timothy Sam sê volgens die hofverrigtinge was die slagoffer op pad huis toe in Pampierstad toe die verdagte haar genader het.
“Hy het aangebied om haar huis toe te begelei weens die donker, en sy het dankbaar sy aanbod aanvaar,” sê Sam.
Hy voeg by toe hulle op pad was, het die verdagte egter 'n mes uitgehaal, die slagoffer van haar geld beroof en haar twee keer verkrag.
“Die hof het Tsholofelo 18 jaar tronkstraf opgelê vir twee aanklagte van verkragting en agt jaar vir roof. Hy sal die vonnisse gelyktydig uitdien,” sê Sam.
Die hof het ook beveel dat sy naam in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders ingeskryf moet word, en dat hy onbevoeg beskou word om 'n vuurwapen te besit.
Die provinsiale kommissaris, lt.genl. Koliswa Otola, het die hof se beslissing verwelkom en gesê dit sal as 'n afskrikmiddel vir potensiële verkragters dien.

