Central SA
Upington: Saak teen 14-jarige se vermeende moordenaars uitgestel─── HEIDRÈ MALGAS 13:04 Tue, 10 Oct 2023
“Die beskuldigdes het besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie.”
Die saak van drie mans van Paballelo, Upington, wat van die moord op ‘n 14-jarige seun aangekla word, is tot 20 November uitgestel.
Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê die beskuldiges het besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie.
Elvis Sikepe (38), Isaacs Vywers (19) en Thomas Lebitsa (19) word aangekla van die moord en ontvoering van Cashwin Theo Diteho.
OFM Nuus het vroeër berig daar word beweer dat die beskuldigdes op Dinsdagaand (1/8) by Diteho se huis aangekom en geëis het dat hy dagga teruggee wat hy glo gesteel het.
Die seun het eers ontken hy het die dagga gesteel, maar Sikepe het glo gedreig om hom en sy vriende dood te maak omdat hy sy dagga gevat het.
OFM Nuus/Heidré Malgas
