On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse matrikulante beloof eerlikheid in eindeksamen

───   ZENANDE MPAME 11:59 Fri, 20 Oct 2023

Noord-Kaapse matrikulante beloof eerlikheid in eindeksamen | News Article
Noord-Kaapse onderwysers en graad 12-leerders tydens die seremonie. Foto: Facebook

“Die doel van die matrikulante se beloftes is om etiek te bevorder.”

Die Noord-Kaap se matrieks het vanoggend (20/10) hul beloftes by die Emmanuel High School in Kimberley afgelê. Zolile Monakali, LUR vir Onderwys, was teenwoordig om die ondertekeningseremonie waar te neem.

Hy is vergesel deur die uitvoerende burgemeesters van die Frances Baard Distriksmunisipaliteit en Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit, asook die provinsiale sekretaris van Sadtu en die Hungry Lions-sokkerspan.

Zolile Monakali, LUR vir Onderwys, het die seremonie bygewoon. Foto verskaf

“Die doel van die matrikulante se beloftes is om etiek te bevorder, regverdigheid te verseker, geloofwaardigheid te handhaaf, verantwoordelikheid aan te moedig en vertroue in die 2023 NSS-eksamen te bevorder,” sê Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse Departement van Onderwys.

Die ondertekeningseremonie moet ook dien as ’n herinnering aan die belangrikheid van die handhawing van integriteit en die strewe na uitnemendheid in die onderwysstelsel.

Matrikulante beloof hulle sal eerlik wees in die eindeksamen. Foto verskaf

OFM Nuus het vroeër berig die provinsie is gereed vir die eksamen wat van 24 Oktober tot 6 Desember afgelê word.

“Ons het enige moontlike probleme geïdentifiseer en bekamp om die eksamen en assessering se geloofwaardigheid te verbeter.”

Die departement belowe dat die eksamen sonder enige ongerymdhede afgelê sal word en ondersteun die matrieks ten volle.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.