On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap is gereed vir matriekeindeksamen

───   ZENANDE MPAME 15:37 Thu, 19 Oct 2023

Noord-Kaap is gereed vir matriekeindeksamen  | News Article
Foto: No

“Ons is gereed om die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat se eksamen te administreer gegrond op die beginsels van regverdigheid, geloofwaardigheid en integriteit.”

Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys sê hy is gereed vir die komende matriekeksamen. 

Dié eksamen begin op 24 Oktober en eindig op 6 Desember. Die departement sê planne is in werking gestel om te verseker dat daar geen haakplekke is nie. “13 097 voltydse en 2 576 deeltydse kandidate sal die eksamen by 139 openbare skole, drie onafhanklike sentrums en vier distriksentrums aflê,” sê Zolile Monakali, LUR vir onderwys.

Om te verseker dat hulle die nodige ondersteuning kry, is verskeie maatreëls getref. Dit sluit in klasse op Saterdae, vakansiekampe en psigososiale ondersteuning.

“Die departement het baie moeite gedoen om te verseker die eksamen kan sonder onreëlmatighede afgelê word. Gemeenskappe word versoek om die 2023-matriekkandidate te ondersteun deur hulle genoeg tyd en ruimte te gee om op hul studie te fokus,” sê Monakali.

Die departement wens al die matrieks sterkte toe met hul eindeksamen.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.