Central SA
Sussie, die viervoetige held van Vanderbiljpark, word steeds vermis─── HEIDRÈ MALGAS 10:53 Mon, 13 Nov 2023
“Ons het die hele naweek patrollies gedoen. Ons het die spoor gevolg wat die kadawerhond gekry het. Ons het ook haar kos uitgesit en gewag vir haar.”
Sussie, die dapper hond van Vanderbiljpark wat haar eienaar probeer beskerm het tydens 'n huisroof, word steeds vermis.
Elvin Muller, Sussie se eienaar, sê daar is nog geen teken van haar nie, en hulle vermoed dat iemand haar dalk opgetel het.
“Ons het die hele naweek patrollies gedoen. Ons het die spoor wat die kadawerhond gekry het. gevolg. Ons het ook haar kos uitgesit en gewag vir haar,” sê Muller.
Hy sê hulle het nog niks nuwe inligting vandat sy laas gesien is nie.
OFM Nuus het vroeër berig dat Elvin se dogter, Kayla Muller, by haar ouerhuis in Bernard Pricestraat, Vanderbijlpark, deur drie gewapende mans gekonfronteer. Dit was toe sy Maandag (6/11) tuiskom nadat sy ’n matriekvraestel geskryf het by die Hoërskool Transvalia, het Vaalweekblad berig.
Die inbrekers het ’n televisiestel gesteel en gevlug terwyl Sussie hulle agternagesit het. Sy het toe nie weer die pad huis toe gevind nie. Die familie is hartseer en doen ’n beroep op die gemeenskap om Sussie op te spoor.
Indien enigiemand haar iewers gewaar, kan hulle Elvin by 071 675 7217 of Hester by 083 302 3603 bel of whatsapp.
OFM Nuus/Heidrè Malgas Corné/Morné

