Central SA
6 vermeende transitorowers verskyn vandag in hof─── ZENANDE MPAME 10:10 Wed, 15 Nov 2023

“Van die vuurwapens en kontant wat vermoedelik tydens die transitorooftog gesteel is, is in hul besit gevind.”
Die ses vermeende rowers sal na verwagting vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Hulle is ná die transitorooftog Maandag in Hamilton, Bloemfontein, naby Bothaville in hegtenis geneem.
“Hulle sal op aanklagte van roof, poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens en die besit van vermoedelik gesteelde geld in die hof verskyn. Van die vuurwapens en kontant wat vermoedelik tydens die rooftog gesteel is, is in hul besit gevind,” sê Christopher Singo, Valke-woordvoerder in die Vrystaat.
Die verdagtes is naby Bothaville in hegtenis geneem. Foto: Valke
OFM Nuus het berig dat die transitorooftog op die hoek van Mill- en Vooruitsigstraat in Bloemfontein plaasgevind het. Dit is net om die draai van OR Tamboweg of Kerkstraat.
6 swaar gewapende, vermeende transitorowers in Vrystaat aangekeer
Drie skote is op ’n polisievangwa van Batho se sigbare polisiëringseenheid afgevuur. Twee skote het deur die voorruit gegaan en een het die enjinkap getref. Die bestuurder is nie in die voorval beseer nie.
OFM Nuus/Zenande Mpame Daphné/Corné