On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Matriekeksamen: Beweerde kullery in Vrystaat ondersoek

───   TSHEHLA KOTELI 08:54 Thu, 16 Nov 2023

Matriekeksamen: Beweerde kullery in Vrystaat ondersoek | News Article

“Vier gevalle van ernstige ongerymdhede is aangemeld.”

(English version.)

Terwyl die matriekklas van 2023 se eindeksamen aan die gang is, het vier leerders in die Vrystaat materiaal gehad wat nie in die eksamenlokaal toegelaat word nie.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Departement van Onderwys, sê twee leerders is met selfone in die eksamenlokale betrap, terwyl nog twee met kripnotas gevind is. Sonder om melding te maak van die skole waar hierdie voorvalle gebeur het, het hy bygevoeg “vier gevalle van ernstige ongerymdhede is aangemeld”. 

Die departement ondersoek die vier sake. Sodra die ondersoeke afgehandel is, sal die betrokkenes aan formele tugverhore onderwerp word. “Ons eksamensessies word gemonitor om voldoening in ons eksamensentrums te ondersteun en te verseker.”

Terwyl hulle in Noordwes was, is ’n onbekende getal leerders uitgevang met notas net voordat hul eksamen begin het. Viola Motsumi, LUR vir Onderwys in Noordwes, het alle leerders versoek om op hul studie te fokus en enige aktiwiteite te vermy wat hul uitslae in gevaar kan stel. 

Sommige leerders het voor hul eksamen siek geword en is na die hospitaal geneem. Die departement in die provinsie het maatreëls ingestel vir dié leerders om te skryf terwyl hulle in die hospitaal is.

In die Noord-Kaap het die Departement van Onderwys gevalle van masels by die Phillipvale Primêre Skool in Phillipstown bevestig. Geoffrey van der Merwe, die departementele woordvoerder, sê die skool sal vir minstens vyf dae gesluit wees vir ontsmetting en om die verdere oordrag van die virus te beperk. Die skool se tydelike sluiting kom ná n gesprek met die Departement van Gesondheid in die gebied en ’n bevestiging van 26 gevalle van masels deur die Masibambane-kliniek.

OFM Nuus/Tshehla Koteli Corné/Daphné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.