On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende transitorowers se saak in Bloemfontein uitgestel

───   ZENANDE MPAME 11:41 Thu, 16 Nov 2023

Vermeende transitorowers se saak in Bloemfontein uitgestel  | News Article
Die ses vermeende transitorowers se saak is uitgestel. Foto: OFM Nuus

“Die identiteit van die beskuldigdes mag nie nou al bekend gemaak word nie.”

Die saak teen ses vermeende transitorowers is gister tot Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

“Die hof het ons gewaarsku om nie die identiteit van die beskuldigdes bekend te maak nie omdat dit die ondersoek kan benadeel,” sê Christopher Singo, Valke-woordvoerder in die Vrystaat.

Die mans is Maandag naby Bothaville in hegtenis geneem. Foto: Valke

Die mans word aangekla van roof, poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens en die besit van vermoedelik gesteelde goedere. OFM Nuus het vroeër berig vuurwapens en kontant is in hul besit gevind wat glo tydens die transitorooftog gesteel is.

Die mans het Maandag die geldwa op die hoek van Mill- en Vooruitsigstraat in Hamilton, Bloemfontein, beroof. Hulle is later naby Bothaville in hegtenis geneem.

OFM Nuus/Zenande Mpame      Daphné/Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.