On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

6 transitorowers sal vir formele borgtogaansoek in hof verskyn

───   ZENANDE MPAME 11:59 Mon, 20 Nov 2023

6 transitorowers sal vir formele borgtogaansoek in hof verskyn | News Article
Die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: Lucky Nkuyane

“Hul identiteite sal moontlik bekend gemaak word nadat hulle môre in die hof verskyn het.”

Die ses beskuldigdes wat na bewering verlede Maandag (13/11) in ’n transitorooftog in Bloemfontein betrokke was, sal Dinsdag in die landdroshof verskyn vir ’n formele borgtogaansoek.

Die mans staan tereg op aanklagte van roof, poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens en die besit van vermoedelik gesteelde geld, sê Christopher Singo, Valke-woordvoerder in die Vrystaat.

Die hof het die Valke gemaan om nie die name van die mans bekend te maak nie weens ’n voortdurende ondersoek. “Hul identiteite sal moontlik bekend gemaak word nadat hulle môre in die hof verskyn het,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.


Die mans, tussen 35 en 45 jaar, het Woensdag (15/11) die eerste keer in die hof verskyn toe hul saak uitgestel is. Hulle is na bewering in besit van vuurwapens en kontant gevind, wat glo in die rooftog gesteel is.

Die mans het na bewering ’n geldwa op die hoek van Mill- en Vooruitsigstraat, Hamilton, beroof. Hulle is ure ná die rooftog naby Bothaville in die Noordwes-Vrystaat in hegtenis geneem.

OFM Nuus/Zenande Mpame    Corné/Daphné

@ 2023 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.