On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Midvaal se dapper Danika voltooi haar kankerbehandeling

───   KAREN VAN DER BERG 12:09 Mon, 20 Nov 2023

Midvaal se dapper Danika voltooi haar kankerbehandeling | News Article
Danika van Tonder het haar kankerbehadeling voltooi. Foto verskaf

“Al waarvoor ons nou vra, is mense se volgehoue gebede vir Danika.”

Sy word nie verniet dapper Danika genoem nie, want met dit wat dié sewejarige die afgelope agt maande moes trotseer, verdien sy die naam uit en uit.

Fase 4-kanker is in Februarie by Danika van Tonder van Midvaal gediagnoseer. Sy het onlangs haar laaste behandeling vir die breingewas ontvang en is kankervry. Die laaste skanderings moet nog gedoen word om haar in remissie te verklaar.

Haar pa, André van Tonder, sê sy het soos al haar maats vroeg die jaar baie opgewonde haar gr 1.-skooljaar aan die Laerskool Risiville in Vereeniging begin. Sy het vroeg in Februarie begin siek voel en het later dié maand die verskriklike slegte diagnose van haar kanker gekry.

Dapper Danika en haar pa, André. Foto: Verskaf.

Ná agt maande se intense behandeling, wat chemoterapie en bestraling ingesluit het, is Danika kankervry verklaar. “Ons is ontsettend dankbaar om hier deur te wees,” sê hy. Haar bloedtellings sukkel wel nog om toe te neem. Maar hy beklemtoon dat hulle nie hierdie verskriklike slegte pad sonder mense se ondersteuning sou kon stap nie.

André sê daar was tye in die laaste maande wat swaar en sleg was. “Ná haar eerste operasie om die breingewas te verwyder was Danika vir ses weke weer soos ’n pasgebore babatjie. Sy kon nie eet, loop of praat nie en moes alles weer van voor af leer doen.”

Daar was ook weke wat Danika bestraling by die een hospitaal moes kry en bloedplaatjies by ’n ander hospitaal. Dan moet hulle haar heen en weer karwei terwyl sy regtig siek voel. “Kanker is iets wat ek niemand toewens nie. Dit is so verskriklike moeilike pad om te stap.”

Ná agt maande se intense behandeling, is Danika kankervry verklaar. Foto verskaf

André het ook sy eie besigheid en dit het net so swaar getrek omdat hy soms vir weke aaneen nie kon werk nie.

Vir nou is hy en sy vrou Christene, en die gesin se ander twee kinders, Dillion (10) en Divan (4), net verskriklik dankbaar.

“Al waarvoor ons nou vra is mense se volgehoue gebede vir Danika.”

OFM News/Karen van der Berg Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.