On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldriehoek: Vrou se liggaam in rivier gevind

───   TSHEHLA KOTELI 14:55 Wed, 22 Nov 2023

Vaaldriehoek: Vrou se liggaam in rivier gevind | News Article
Foto verskaf

“Die familie moet nog die liggaam wat gevind is, identifiseer.”

’n Vrou se liggaam is in die Kliprivier by Olifantsvlei in die suide van Gauteng gevind.

Die liggaam is op die vierde dag van die soektog gevind nadat ’n jong man en vrou Saterdag (18/11) deur die rivier meegesleur is. Dit is deur Johannesburg se nooddienste (Aquatic Rescue Unit) uit die rivier gehaal.

Die familie van die 18-jarige vrou moet nog die lyk identifiseer voordat hulle kan bevestig dat sy een van die twee vermiste mense is, het Robert Mulaudzi, EMS-woordvoerder, getwiet.

EMS-personeel soek ook na ’n 21-jarige man wat in dieselfde seremonie deur die rivier meegesleur is. ’n Forensiese span is na die rivier ontplooi ná die opsporing van die vrou se liggaam. 

Tradisionele leiers, pastore en die gemeenskap is sedertdien versoek om versigtig te wees wanneer rituele by die rivier uitgevoer word. Mulaudzi het inwoners ook versoek om versigtig te wees gedurende die reënseisoen, aangesien watervlakke in die meeste riviere en strome in en om Johannesburg hierdie tyd van die jaar styg.

“Ná die reën wat ons ontvang het, is watervlakke hoog en inwoners word versoek om nie rivierstrome oor te steek nie en jong kinders te monitor sodat hulle hierdie somer wegbly van rivierstrome,” sê hy.

OFM Nuus/Tshehla Koteli

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.