Central SA
Vermeende perlemoensmokkelaar in Bloemfonteinse hof verwag─── ZENANDE MPAME 06:00 Tue, 05 Dec 2023

“Die saak is uitgestel vir verdere borgtoginligting en -aansoek.”
’n Vermeende perlemoensmokkelaar sal na verwagting Dinsdag (5/12) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn vir die besit van ’n groot hoeveelheid perlemoen.
Die 36-jarige man is Dinsdagaand (28/11) op OR Tamboweg naby die UV-Suidkampus in hegtenis geneem toe die polisie op die voertuig wat hy bestuur het, beslag gelê het. Sy saak is Donderdag (30/11) tydens sy eerste hofverskyning uitgestel.
Die verdagte het ’n Ford Ranger-bakkie bestuur toe hy deur die polisie opgemerk en afgetrek is. Hy het 1,1 ton perlemoen ter waarde van R4,2 miljoen in sy besit gehad.
Sakke perlemoen ter waarde van R4,2 miljoen. Foto verskaf
OFM Nuus het vroeër berig die verdagte was van Gqeberha op pad na Bloemfontein.
Perlemoen ter waarde van R4,2 miljoen in Bloemfontein gekonfiskeer
Enigiemand wat meer as 20 perlemoene op ’n slag aanhou, beheer, of in hul besit het, pleeg ’n misdaad volgens die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne (18 van 1998). Perlemoen is ’n hoëwaarde produk, maklik toeganklik en kom voor langs ’n uitgebreide deel van die kuslyn.
In Januarie het The South China Morning Post berig dat meer as 5 000 ton perlemoen elke jaar vanaf Suid-Afrika uitgevoer word, meestal na Hongkong en ander Asiatiese markte waar dit as “witgoud” bekend staan.
Ongeag hoeveel mense in hegtenis geneem en gevonnis word, sal ander aanhou om die misdaad te pleeg omdat die risiko laag is en die belonings redelik hoog is, sê Markus Burgener, senior programbeampte by Traffic Wildlife Trade-moniteringsnetwerk.
Perlemoen staan ook bekend as witgoud. Foto: SAPD
In Suid-Afrikaanse kusdorpe het perlemoen ’n bron van rykdom en chaos geword, wat duisende werkgeleenthede genereer terwyl dit terselfdertyd wêreldwye georganiseerde misdaadsindikate voed.
OFM Nuus/Zenande Mpame Daphné