On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Perlemoen ter waarde van R4,2 miljoen in Bloemfontein gekonfiskeer

───   ZENANDE MPAME 15:52 Wed, 29 Nov 2023

Perlemoen ter waarde van R4,2 miljoen in Bloemfontein gekonfiskeer | News Article
Bags of abalone found on the bakkie. Foto: SAPS

“Die geskatte gewig van die perlemoen is 1,1 ton.”

’n Verdagte sal Donderdag (30/11) in die landdroshof in Bloemfontein verskyn vir die besit van ’n groot hoeveelheid perlemoen.

Die 36-jarige man is Dinsdagaand by die O.R. Tambo-pad naby die UV-Suidkampus in Bloemfontein in hegtenis geneem. Hy het in ’n Ford Ranger-bakkie gery toe hy ná 23:00 opgemerk en afgetrek is.

“Swartsakke met perlemoen is op die sitplekke en agterin die voertuig gevind,” sê Lorraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “Die geskatte waarde van die perlemoen is R4,2 miljoen en die geskatte gewig 1,1 ton.”

Die perlemoen wat gevind is weeg sowat 1,1 ton. Foto: SAPD

Die Bloemfonteinse polisie en veediefstaleenhede het inligting van die Eyes and Ears Initiative (E2) opgevolg oor ’n voertuig met perlemoen wat van Gqeberha na Bloemfontein onderweg is. Hulle het ook op die voertuig beslag gelê.Die Ford Ranger-bakkie was vol gelaai met perlemoen. Foto: SAPD

Suid-Afrikaanse perlemoen (Haliotis midae) is ’n endemiese spesie. Dit is ’n hoëwaarde produk, maklik bereikbaar en word langs ’n uitgebreide deel van die kuslyn aangetref. Maar soos iol.co.za vroeër vanjaar berig het, het ’n georganiseerde verskaffingsketting byna gelei tot die uitwissing van die spesie, die korrupsie van staatsinstellings en bendegeweld in verarmde gemeenskappe aangevuur.

OFM News/Zenande Mpame  Daphné/Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.