On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Ruben brul weer ná hervestiging in Vrystaat – VIDEO

───   KAREN VAN DER BERG 10:42 Mon, 11 Dec 2023

Ruben brul weer ná hervestiging in Vrystaat – VIDEO | News Article
Daar is groot vreugde omdat Ruben weer brul. Foto: ADI

“Die eensaamheid in Armenië was só erg dat Ruben ophou brul het.”

Dit is een van die mooiste geluide wat sy al ooit gehoor het. Dit is ’n harde en duidelike brul, en elke keer wat hy van hom laat hoor, slaan almal in hoendervel uit, want Ruben brul weer!

Dit is met vreugde en dankbaarheid wat sy die nuus kan deel, sê Karen Williams, direkteur van Animal Defenders International (ADI) se natuurreservaat naby Winburg in die Vrystaat.


OFM Nuus het in Augustus berig hoe ADI Ruben gered het en na Suid-Afrika gebring het. Hy is tussen 15 en 17 jaar gelede in ’n privaat dieretuin in die Wes-Asiese land Armenië gebore. Die eienaar van die dieretuin is sowat vyf jaar gelede oorlede, en die familie wou al die diere uit die dieretuin verwyder het. Almal het ’n nuwe tuiste gevind, selfs al die leeus, behalwe Ruben. Hy het die afgelope vyf jaar alleen agtergebly. Die eensaamheid was só erg dat Ruben ophou brul het.

“Ons het gewag en gewag,” vertel Williams, “maar hy was stil en ons het gewonder of hy ooit weer sou begin brul.” Maar sy het onlangs verby sy nuwe tuiste geloop en ’n gebrul gehoor. “Ek ken al die ander leeus se geluide en het dadelik vermoed dit is Ruben.”

Haar vreugde en opgewondenheid was groot toe sy sien dit is hy. “Vir ons beteken dit Ruben het regtig aangepas en voel tuis.”

Ruben het hulle geleer om nooit moed op te gee nie en dat dit die moeite werd is om diere soos hy red, sê Williams. “Baie dankie vir almal se meelewing en ondersteuning.”

OFM Nuus/Karen van der Berg CG

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.