Central SA
Geen borgtog vir Kroonstad-raadslid wat aangekla word van verkragting─── ZENANDE MPAME 10:54 Thu, 21 Dec 2023
“Die Kroonstadse raadslid bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op Maandag 29 Januarie 2024.”
Die Moqhaka-burgemeesterskomiteelid wat van verkragting aangekla word, is Woensdag (20/12) borgtog in die Viljoenskroon-landdroshof geweier.
“Die Kroonstadse raadslid bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op Maandag 29 Januarie 2024,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.
Die polisie se ondersoek duur voort. Die vrou het hom na bewering in die vroeë oggendure van Maandag 4 Desember gevra of sy saam met hom kon ry. Hy het glo daarna na ’n plaas in die distrik gery en haar verkrag.
Verskeie politieke partye woon die hofverrigtinge by. “Ons monitor die ANC se optrede aangesien geregtigheid deurslaggewend is vir die onskuldiges, asook die skuldiges.
“Die lid van die burgemeesterskomitee se beweerde optrede ondermyn die geloofwaardigheid van pogings om vroue en kinders in Moqhaka te beskerm,” sê Chris Dalton, DA-raadslid.
“Ons verwelkom die hof se besluit. Dit is ’n goeie Kersgeskenk aan die gemeenskap van Moqhaka," sê April Motaung van die EFF.
