On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Vrou (50) van Odendaalsrus word sedert Dinsdag vermis

───   ZENANDE MPAME 11:33 Fri, 22 Dec 2023

Vrou (50) van Odendaalsrus word sedert Dinsdag vermis | News Article
Foto: iStock

“Die polisie het met ’n soektog begin nadat Malekgotla Leponesa as vermis aangemeld is.”

Die polisie in Odendaalsrus is op soek na ’n vrou wat  Dinsdag (19/12) in Kutloanong vermis geraak het. Sy het om 06:30 die huis verlaat sonder om iemand in kennis te stel.

“Ons kan bevestig dat die polisie met ’n soektog begin het nadat  Malekgotla Leponesa (50) as vermis aangemeld is. Familielede het ons ook ingelig dat sy met probleme met haar geestesgesondheid het,” sê Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “Ons doen ’n beroep op enigiemand met inligting om die Odendaalsrus-polisiekantoor te kontak.”

Malekgotla Leponesa (50) word sedert Dinsdag vermis. Foto: SAPD


Die polisie is ook nog op soek na twee vroue wat onlang in Bloemfontein vermis geraak het.

Lesego Motaung (22) is op 30 Oktober as vermis aangemeld nadat sy laas gesien is toe sy haar huis in Uitsig verlaat het om by ’n kitskosrestaurant in Zastronstraat, Westdene, te gaan werk.

Lerato Masiu (23) is laas op 16 November gesien toe sy haar huis verlaat het saam met ’n man wat hom as ’n ondersoekbeampte voorgedoen het.

Die Vrystaatse provinsiale kommissaris, Baile Motswenyane, vra dat alles moontlik gedoen moet word om die misdadigers aan te keer wat verantwoordelik is vir die vroue se verdwyning.

Wenke as iemand vermis raak:

  • Kry ’n onlangse foto van die vermiste persoon.
  • Gee ’n volledige beskrywing van die vermiste persoon se laaste adres.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige inligting wat beskikbaar word.

OFM News/Zenande Mpame dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.