On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners sê Keimoes se kraanwater ‘stink’

───   08:53 Thu, 28 Dec 2023

Inwoners sê Keimoes se kraanwater ‘stink’ | News Article
Werner Strauss, Noord-Kaapse koördineerder van AfriForum, besig om die kraanwater van Keimoes se inwoners te toets. Foto: Facebook

"Dit is ’n nagmerrie. Dit is die tweede jaar wat ons geen water in Desember het nie."

AfriForum het gister (27/12) monsters in Keimoes geneem nadat inwoners gekla het hul kraanwater “stink”. Watertoevoer na die dorp is herstel en die munisipaliteit het inwoners gewaarsku om water eers vir ’n rukkie uit die kraan te laat loop omdat dit modder bevat.

Werner Strauss, AfriForum se koördineerder in die Noord-Kaap, sê die burgerregteorganisasie het water op drie verskillende plekke in die Kai !Garib-munisipaliteit getoets nadat inwoners oor die stank van die water gekla het.

“Daar gaan dae verby terwyl inwoners nie water het nie. Dit is ’n mensereg om skoon drinkwater te hê,” sê hy. "Die uitslag van die toetse sal later vandag of môre bekend wees. Dit neem so 36 uur.”

Die dorp se inwoners moes vir etlike dae sonder water klaarkom terwyl die munisipaliteit nuwe waterpompe geïnstalleer het. Van die inwoners het op Facebook laat weet dat hulle steeds nie water het nie. Watertenkwaens kon nie voorbly om water te verskaf nie.

“Ons word as mense hier vergeet,” sê ’n inwoner op die Faceboekblad Keimoes Help Mekaar. “Ons moet lang afstande loop om water te soek om te was, vir wasgoed en om te kook. Dit is ’n nagmerrie. Dit is die tweede jaar wat ons geen water in Desember het nie. Nuwe watertenks is afgelewer maar word nie volgemaak nie. Genoeg is genoeg.”

OFM Nuus  dg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.