Central SA
Moqhaka-inwoners aangemoedig om water spaarsamig te gebruik─── KEKELETSO MOSEBETSI 10:33 Mon, 05 Feb 2024
“Inwoners word aangemoedig om genoeg water te versamel om enige ongerief tydens die instandhoudingstydperk te vermy.”
Die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat het inwoners versoek om water spaarsamig te gebruik as gevolg van beplande wateronderbrekings.
Die munisipale woordvoerder, Dika Kheswa, het gesê inwoners van Phomolong in Maokeng moet hulle gereed maak vir wateronderbrekings van 5 tot 7 Februarie 2024. Die wateronderbrekings sal daagliks van 08:00 tot 17:00 plaasvind.
Kheswa het gesê die wateronderbrekings is te wyte aan die munisipaliteit wat van die ou asbeslyn na die nuutgeboude PVC-lyn oorskakel. Hy het inwoners versoek om genoeg water in te samel om enige ongerief tydens die instandhoudingstydperk te vermy.
OFM Nuus het vroeër berig dat Vrystaatse munisipaliteite gemiddeld 40% water verloor as gevolg van swak instandhouding wat lekkasies tot gevolg het. Senzo Mchunu, Minister van Water en Sanitasie, het ook kommer uitgespreek oor die stand van instandhouding van infrastruktuur, swak waterbestuur en munisipaliteite se versuim om skuld te betaal.
Die DA se Rossouw Botes het aangedui dat die Ouditeur-Generaal (OG), Tsakani Maluleke se verslag van 13 Februarie 2023 aan die lig gebring het dat die metro na bewering R406,6 miljoen per jaar bestee weens waterverliese, wat sowat R1,1 miljoen per dag beloop.
Onlangs het inwoners van Theunissen die kantore van die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit gedwing om te sluit omdat hulle weke lank nie van water voorsien is nie nadat een van die waterpompstasies in Desember 2023 gevandaliseer is.


