On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein se Kingspark-roostuin binnekort heropen

───   ZENANDE MPAME 15:51 Fri, 09 Feb 2024

Bloemfontein se Kingspark-roostuin binnekort heropen  | News Article
Die skoongemaakte tuin by die Kingspark-roostuin. Foto verskaf

“Ons wil die tuin vir almal oopmaak vir ’n prettige gesinsdag.”

’n Gesinsbraaidag word volgende Saterdag (17/2) vir die opening van die Kingspark-roostuin beplan om die vordering te vier wat die organisasie by die tuin gemaak het.

Hulle wil graag verseker dat die rose in die stad se roostuin aanhou blom, sê Boeta Swart, stigter van Anchor of Hope. “Ons maak die tuin en die eiland oop vir mense om saam met hul gesin te kom geniet, veral nadat ons lank probeer het om dit netjies te maak. Geen drank word op die perseel toegelaat nie.”

Voor en ná die skoonmaak deur Anchor of Hope gedoen is. Foto verskaf 

Hy sê hulle is nog besig met die laaste afrondingswerk, soos die herstel van die pype by die fonteine, die herstel van die toilette en die beveiliging van die perseel langs die Loch Logan Waterfront.

Die park sal op die dag van 09:00 tot 14:00 oop wees en mense word versoek om hul houtskool, vleis en koeldrank saam te bring en in groot getalle op te ruk om die park te geniet. Toegang is gratis deur die hek langs die dieretuin.

Die fontein by die roostuin is ook opgeknap. Foto verskaf

Bloemfontein Courant berig Anchor of Hope hoop om die Hertzogplein in die middestad en ook die dieretuin op te knap. Nog ’n projek waaroor die organisasie hierdie jaar opgewonde is, is hul herwinningsprojek. “Ons het reeds ’n voorlopige huurkontrak vir ’n fasiliteit vir ons herwinningsaanleg.”

Die aanvanklike datum vir die opening van die tuin was in Desember, maar dit is tot Februarie uitgestel totdat dit heeltemal opgeknap is. 

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.