On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Volkspele vier 110de bestaansjaar

───   ELSABÉ DE JAGER 13:50 Wed, 28 Feb 2024

Volkspele vier 110de bestaansjaar | News Article
Volkspele is nog lank nie iets van die verlede nie. Foto: Facebook

Sy eerste stap was om vier Sweedse danse in Afrikaans aan te pas en dit saam met piekniekspele vir die jong mense te leer.

Volkspele, ’n tradisionele Afrikaanse dansvorm, bestaan vandag 110 jaar. Op 28 Februarie 1914 is die ideaal van Samuel Pellissier, destydse onderhoof van die Rooidakskool op Boshof, verwesenlik met die eerste tiekiedraai tydens ’n Sondagskoolpiekniek op die plaas Vuisfontein.

Pellissier het ná ’n studiebesoek aan Swede, waar hy in aanraking gekom het met die volksdanse en -drag van die Europese lande, besluit dat hy van die Afrikanerjeug óók ’n singend, spelende en werkende volk wil maak. Sy eerste stap was om vier Sweedse danse in Afrikaans aan te pas en dit saam met Afrikaanse piekniekspele vir die jong mense te leer.

In 1962 verskyn selfs ’n Suid-Afrikaanse volkspele-posseël. Foto: Alamy

Volkspele se gewildheid, ook onder die jeug, leef voort. Tydens die jaarlikse Pellissierweek wat vir gr. 5- tot gr. 12-leerlinge aangebied word, word nie net aandag aan volkspele gegee nie, maar word ook gekonsentreer op leierskapontwikkeling en lewensverryking.

Volkspelelaers in al die provinsies landwyd is steeds aktief en belangstelling groei jaarliks. Ook op Boshof bestaan steeds verskeie gedenktekens vir volkspele.

Volkspeledrag word uitgestal op Brandfort. Foto: Facebook

Bertie Brink, ondervoorsitter van die Nasionale Volkspeleraad, meen dié geliefde tradisionele dans sal nog lank voortleef. Dit bied immers stééds geleentheid vir gemeenskappe en gesinne om gelukkig bymekaar te kom.

OFM Nuus/Elsabé de Jager dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.