On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Ouers van nagmerrie-huis in Klerksdorp later vanjaar in hof

───   KAREN VAN DER BERG 08:20 Tue, 05 Mar 2024

Ouers van nagmerrie-huis in Klerksdorp later vanjaar in hof | News Article
Die yskas was byna leeg toe die kinders uit die morsige huis gered is. Foto verskaf

Die kinders was so vuil en verwaarloos dat hulle aanvanklik vir poppe op die bank aangesien is.

Die hofsaak van die Klerksdorpse ouers wat daarvan beskuldig word dat hulle hul drie kinders erg verwaarloos en verkrag het, is tot Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Die ma (21) en pa (38) het verlede week in die Klerksdorpse landdroshof verskyn, het Henry Mamothame, NGV-woordvoerder in Noordwes, bevestig. Die hofsaak sal op 24 Mei voortgaan. Hulle is steeds in aanhouding sedert hulle in Desember in hegtenis geneem is nadat borgtog nie aan hulle toegestaan is nie.

Die omstandighede waarin hulle kinders gevind is, het verlede jaar skokgolwe deur die land gestuur. ’n Driejarige meisie en ’n nege maande oue babadogtertjie en hulle tweejarige boetie is in ’n hool van hulle ouerhuis aangetref.

Die kinders was so vuil en verwaarloos dat hulle aanvanklik vir poppe op die bank aangesien is. Daar was byna geen kos in die huis nie en selfs spinnekoppe in die yskas. Die ouers is aangekeer en van kinderverwaarlosing en verkragting aangekla. Die dogtertjies is na bewering verkrag.

Wayne van Onselen, stigter en besturende direkteur van Unchain Our Children, het die kinders help red. Hy het destyds aan OFM Nuus gesê die graad van verwaarlosing van die kinders was skokkend. ’n Inwoner het die organisasie genader omdat hulle erg bekommerd oor die kinders was. Hulle het toe die polisie en maatskaplike werkers betrek en ’n huisbesoek gaan doen.

OFM Nuus/Karen van der Berg cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.