On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Voortvlugtige moordverdagte van Kenhardt uiteindelik vas

───   15:35 Mon, 25 Mar 2024

Voortvlugtige moordverdagte van Kenhardt uiteindelik vas | News Article

“Pieterse is Sondagaand teen middernag by ‘n gholfbaan deur ‘n plaasboer, Johan Hugo, en sy werkers gevind.”

Dit het twee weke geduur om ‘n voortvlugtige vas te pen.

Wouter Pieterse (31) van Kenhardt se kat-en muisspeletjie het nou op ‘n einde gekom waar hy in die selle wag op sy lot.

Volgens polisiewoordvoerder Timothy Sam is hy laat Sondagaand aangekeer. Hy het die polisie sedert 9 Maart ontduik.

Wouter Pieterse is uiteindelik aangekeer. Foto verskaf

Dit het vroeër bekend geword dat Pieterse en sy meisie, Makoline Gous, in ‘n woordewisseling betrokke was. 

Pieterse het na bewering op Sondag 10 Maart hul baba gegryp en weggeloop. Die baba se liggaam is later naby Pieterse se ouerhuis op Kenhardt in ’n rugsak gevind, sê Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

Pieterse was twee weke voortvlugtig nadat hul baba (later bekend as Victor) raaiselagtig gesterf het. Hierna het ‘n grootskaalse en deurlopende soektog na hom begin.

‘Hy was glo al van kleins af iemand wat met tye in grottte weggekruip het’

Dit het die gemeenskap, ‘n private sekuriteitsmaatskappy, Mackey Securities, asook die polisie ingesluit. Laasgenoemde behoort aan Johan Makey, wat aanvanklik R2 000 beskikbaargestel het om Pieterse te vang. John se seun, Leroy, was ook betrokke in die soektog. 

“Pieterse is Sondag teen middernag by ‘n gholfbaan deur ‘n boer, Johan Hugo, en sy werkers gevind. Hulle het sy spoor gesny en uitgevind hoe hy beweeg. Nadat hy gevang is, is hy aan die polisie oorhandig,” het Leroy gesê.

Volgens die ondersoekbeampte, ao. Elrich Mienies, kon hulle lankal vir Pieterse vasgetrek het as hulle meer hulpbronne en mannekrag gehad het.

Hulle het twee weke met twee skofte polisiebeamptes aaneen probeer om Pieterse te vang. Later moes hulle die hulp van die boerevereniging en boere van die omgewing inroep, sê Mienies. 

Mienies het ten slotte saamgestem dat die verdagte die ruwe omgewing geken het, want hy was glo al van kleins af iemand wat met tye in grottte gaan wegkruip het.

Pieterse was na bewering met ‘n mes bewapen, en dit het die gemeenskap afgeskrik om hom aan te vat. Hy verskyn weer op 3 April in die hof. Hy bly in aanhouding.

OFM Nuus/Isaac Cloete

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.