On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende babamoordenaar van Kenhardt speel glo kat en muis

───   09:58 Fri, 15 Mar 2024

Vermeende babamoordenaar van Kenhardt speel glo kat en muis | News Article
Wouter Pieterse speel na bewering kat-en-muisspeletjies met soekgeselskappe. Foto verskaf

“Wouter was glo met ’n groot mes gewapen; daarom het die persoon weggehardloop en ons kom vertel.”

Terwyl naarstiglik na ’n vermeende babamoordenaar van Kenhardt in die Noord-Kaap gesoek word, speel hy na bewering kat-en-muisspeletjies met soekgeselskappe.

Wouter Pieterse (29) het na bewering Sondag (10/3) sy en sy meisie, Marcolene Gouws, se baba gegryp en weggeloop. Die baba se liggaam is later naby Pieterse se ouerhuis op Kenhardt in ’n rugsak gevind, sê Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

Pieterse is sedertdien nog nie weer gesien nie, hoewel inwoners van dié rustige dorp vertel dat hulle hom al gewaar het. Hy is glo al naby ’n kerkie gesien, maar het daarna gevlug.

Die jongste nuus is dat hy Donderdag (14/3) by ’n bruggie was, waar hy vermoedelik vroeër geslaap het. “Iemand wat daar verbygeloop het, het hom onder die bruggie (sowat 500m van die woonbuurt af) sien lê,” sê Leroy Makey, van die Makey-sekuriteitsmaatskappy, wat deel is van ’n soekgeselskap. “Wouter was glo met ’n groot mes gewapen; daarom het die persoon weggehardloop en ons kom vertel.”

Die sekuriteit en polisie het hulle na die toneel gehaas en ’n ou sink emmer met smeulende kole gevind. Pieterse was skoonveld, maar die polisie het wel sy spore gekry, wat later doodgeloop het, vertel Makey.

Die vermeende babamoordenaar, Wouter Pieterse (29). Foto verskaf

Intussen beweer van Kenhardt se inwoners dat Pieterse met hulle speel, want hulle het ontdek dat hy al hul bewegings op Facebook op sy selfoon dophou. Dis glo die rede waarom hulle hom nie kan vastrek nie.

Die brug waar Wouter Pieterse glo gesien is. Foto verskaf

Ander wonder egter waar of hoe hy sy foon laai terwyl hy al vier dae in die ruwe Karoovlaktes ronddwaal.

Enigeen met inligting oor waar Pieterse hom bevind, kan Elrich Mienies, die ondersoekbeampte, by 060 9843 520 bel.

OFM Nuus/Isaac Cloete cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.