On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Entertainment

Spiere bult weer in Bloemfontein

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:37 Tue, 23 Apr 2024

Spiere bult weer in Bloemfontein | News Article
WFF SA gee atlete elke moontlike geleentheid om hul liggaamsbou- en fiksheidsloopbaan te bevorder. Foto verskaf

Die WFF Bloem Classic Fitness and Bodybuilding Show is terug, en dis weer tyd om te sien wie se spiere die mooiste en grootste in Bloemfontein is.

Die vertoning, aangebied deur die Wêreldfiksheidsfederasie SA (SAWFF), sal Saterdag (27/4) op Die Bloemskou se Coke-Cola-verhoog plaasvind.

“Hierdie geleentheid staan uit as ’n hoogtepunt op die sportkalender, en bied aan atlete ’n ongelooflike geleentheid om hul harde werk en talent ten toon te stel,” sê Hende-Mari Strydom, president van WFF SA sowel as WFF Afrika.

Spieëltjie, spieëltjie, aan die wand, wie het die grootste spiere in die land? 

Strydom is al amper tien jaar in die bedryf, en het in 2016 die Heelalkampioenskapsbyeenkoms in Amerika gewen, wat daartoe gelei het dat sy daarna agter die skerms betrokke geraak het.

Sy het begin beoordeel, en toe in 2016 voorsitter van die Vrystaat en die Noord-Kaap geword. In 2022 het sy president van Suid-Afrika vir die WFF geword, asook die Afrikavasteland in 2023. “Ons federasie WFF strek oor 80 lande.”

‘Dit is vir my belangrik om … ’n volhoubaar gesonde leefstyl te handhaaf’

Strydom het ook ’n gesondheid-en-welstandsonderneming begin, ZooZLifestyle, wat mense landwyd en elders help om gewig te verloor en gesonder te leef met suksesvolle resultate. “Dit is vir my belangrik om ander te bemagtig om hul dissipline en harde werk in ’n loopbaan in fiksheid of gesondheid te verander asook om ’n volhoubaar gesonde leefstyl te handhaaf.

”Ek werk onvermoeid om die beste na ons Afrikavasteland en Suid-Afrika te bring, ondersteun deur ’n toegewyde span. Dit is ook vir my belangrik om ons plaaslike talent te ondersteun en geleenthede vir hulle te bied om in kompetisies uit te blink.

“Ons is geaffilieer met die Vrystaatse Sportkonfederasie en verwerf provinsiale kleure vir ons pogings.”

Kaartjies vir die geleentheid kos R150 per persoon.

Strydom verduidelik omdat die Bloem Classic ’n kwalifiseerder is vir alle WFF- internasionale gebeure is, kan atlete wat hier presteer, kwalifiseer om later vanjaar die wêreldverhoog te bestyg en deel te neem aan onder meer die Asia Pacific in die Filippyne, Universe Champs in Las Vegas en African League of Champions in Zambië.

“Enigiemand kan inskryf, en ons nooi ook ons liggaamlik gestremde atlete uit om deel te neem aangesien daar ’n spesiale kategorie vir hulle is.”

Sy vertel hulle by die WFF SA is passievol daaroor is om “ons fantastiese atlete” elke moontlike geleentheid te gee om hul liggaamsbou- en fiksheidsloopbaan binnelands én buitelands uit te bou. 

“Die Bloem Classic is ’n perfekte platform vir opkomende, sowel as gevestigde atlete om hul harde werk en talent ten toon te stel.”

Enigiemand kan inskryf.

Die Bloem Classic Fitness and Bodybuilding Show se atleetregistrasie sal op 27 April van 10:00 tot 11:30 by die Coke Cola-verhoog plaasvind, met die skou wat stiptelik om 17:00 begin.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.