On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Hospitaal in Vaaldriehoek dringend op soek na bejaarde man se familie

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:19 Fri, 07 Jun 2024

Hospitaal in Vaaldriehoek dringend op soek na bejaarde man se familie | News Article
Pieter Pretorius. Foto verskaf

"Pieter Pretorius, wat al geruime tyd in die hospitaal is, het glo drie jaar gelede laas enige kontak met sy familie gehad."

Maatskaplike werkers van die Sebokeng-hospitaal in die Vaaldriehoek is dringend op soek na ’n bejaarde man se familie.

Pieter Pretorius wat al geruime tyd in die hospitaal is, het glo drie jaar gelede laas enige kontak met sy familie gehad. “Hulle het geen verdere besonderhede oor Pretorius nie,” sê Phuti Mabuza, ’n maatskaplike werker by die hospitaal. Hy kan glo nie onthou van waar af hy kom nie.

Enigiemand met inligting oor Pretorius se familie kan Phakama Makeba, ’n maatskaplike werker, by 083 451 9630 of 016 930 3084 bel.

Heidrè Malgas het vroeër berig die bestuur van die Klerksdorp/Tshepong-hospitaal doen ’n beroep op die publiek om die familie van ’n psigiatriese pasiënt te help opspoor wat in die Tshepong-hospitaal opgeneem is.

Ronel van Rijn oorspronklik van Johannesburg sê sy was besig om die wêreld te verken toe sy in die hospitaal opgeneem is. Sy is gesien terwyl sy in die strate van Klerksdorp rondgeloop het. Sy het twee adresse verskaf: Kilburnstraat 44, Horison View, Roodepoort, en Sangiroweg 23, Elandspark, Johannesburg.

Volgens ’n anonieme bron is Van Rijn al langer as vyf maande in die hospitaal. Sy was vyf maande ’n binnepasiënt en is nou al ongeveer ’n maand ontslaan. Die bron beweer dat Van Rijn se familie haar in die steek gelaat het en niks met haar te doen wil hê nie. Van Rijn het blykbaar uit ’n ouetehuis weggeloop waar ’n goeie samaritaan en haar man haar geplaas het.

‘Sy was ook in ’n psigiatriese hospitaal in Midrand’

Sy was ook in ’n psigiatriese hospitaal in Midrand in Gauteng opgeneem. Daarna is sy terugverplaas na dieTshepong-hospitaal, waar sy in die psigiatriese afdeling opgeneem is.

Die bron het aangedui dat die hospitaal in ’n penarie verkeer, aangesien hulle Van Rijn nie kan ontslaan sonder ’n ondersteuningstelsel of familie om vir haar te sorg nie. Daarom soek die hospitaal in Klerksdorp dringend na iemand om Van Rijn te help.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.