On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

4 kitsbanke in Vaaldriehoek opgeblaas

───   ZENANDE MPAME 12:52 Fri, 21 Jun 2024

4 kitsbanke in Vaaldriehoek opgeblaas  | News Article
Vier kitsbanke is in die Vaaldriehoek opgeblaas. Foto verskaf

“Met hul aankoms het hulle vier kitsbanke gevind wat deur plofstof beskadig is.”

Die polisie in Evaton noord van Vanderbijlpark is op soek na verdagtes wat na bewering vier kitsbanke in Sone 7, Sebokeng, opgeblaas het.

Die polisie het Donderdag (20/6) om 01:10 inligting ontvang van ’n kitsbankontploffing. Met hul aankoms het hulle vier kitsbanke gevind wat deur plofstof beskadig is. 

Sedibeng Ster berig die polisie is besig om die saak te ondersoek nadat die kitsbanke by verskillende winkels in Sebestraat, Sebokeng, opgeblaas is.

’Onbekende bedrag geld is uit die kitsbanke geneem’

“Ons doen ’n beroep op die publiek as enigiemand inligting oor hierdie saak het om Stop Misdaad by 0800 10111 of 016 590 9300 te bel,” sê Thulisile Msibi, polisiewoordvoerder van Evaton. ’n Onbekende bedrag geld is uit die kitsbanke geneem en niemand is beseer nie. 

’n Sindikaat wat vermoedelik gewapende rooftogte uitvoer, kitsbanke met plofstof oopblaas, asook verdagtes wat plofstof verkoop en verskaf, is op Donderdag 22 Februarie in Welkom vasgetrek.

“Die vier verdagtes is glo betrokke by verskeie sake waar plofstof in ‘n misdaad gebruik is. Hulle is glo ook betrokke by onwettige mynaktiwiteite in die Vrystaat, die Oos-Kaap, Noordwes en Gauteng,” het Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

“Die verdagtes is betrap met plofstof in hul besit. Deur Operasie Shanela het die polisie sedert Mei 2023 beslag gelê op 11 481 plofstowwe tydens padblokkades, opsporing, asook  stop-en-deursoekoperasies.”

“In dieselfde tydperk is 173 verdagtes ook aangekeer vir die onwettige besit van plofstof,” het sy gesê.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.