On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-dokter skuldig aan belastingontduiking

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:42 Tue, 25 Jun 2024

Kimberley-dokter skuldig aan belastingontduiking | News Article
Dr. Fabian Tyn. Foto: Facebook

“Jan Taks het ’n potensiële verlies van meer as R17 miljoen gely.”

’n Dokter van Kimberley hoor einde Julie wat sy straf is nadat hy jare lank versuim het om sy belastingopgawes in te dien.

Die handelsmisdaadhof het Fabian Royston Tun (55), ’n mediese dokter in die Noord-Kaapse hoofstad, Maandag (24/6) skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie, sê ao. Nomthandazo Mnisi.

“Die beskuldigde, wat ’n eenmanpraktyk … bedryf het, het glo versuim om van 2015 tot 2022 opgawes vir persoonlike inkomstebelasting in te dien. Volgens Nomthandazo het die beskuldigde gedurende die tydperk belasbare inkomste verdien maar nie sodanige belasbare inkomste by die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verklaar nie.


“Jan Taks het ’n potensiële verlies van meer as R17 miljoen gely.”

Die beskuldigde is Maandag (24/6) skuldig bevind aan agt aanklagte, een vir elke jaar se belastingopgaaf, en 42 aanklagte van versuim om BTW-opgawes in te dien.

Intussen moet ’n man op 29 Julie in die Bloemfonteinse Handelsmisdaadhof verskyn nadat hy jare lank gelyktydig salarisse van twee werkgewers ontvang het.


Paseka Ishmael Choeu (46) het homself Donderdag (20/6) aan die Valke se ondersoekbeampte oorgegee. Hy is in hegtenis geneem en het ook sy eerste hofverskyning gehad waar hy borgtog van R5 000 opgelê is. Die saak is daarna na die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verwys.

Choeu het in Januarie 2017 as ’n dosent by Bloemfontein se Gemeenskapsonderwys-en-opleidingskollege vir die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gewerk. In 2019 is hy ook aangestel as ’n finansiële bestuurder by die Mangaung-metro. Volgens Christopher Singo, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het die verdagte die diensregisters by albei kantore geteken en dieselfde tyd aangemeld.

Die beskuldigde het glo jare lank twee salarisse ontvang voordat sy gewete hom ingehaal het.

“Dit is diefstal van openbare geld en dus ’n ernstige misdaad,” maan genl.maj. Mokgadi Bokaba, Vrystaatse Valke-hoof. “Diegene wat sulke misdade pleeg, deur óf spookwerkers te wees óf bedrieglike indiensneming te fasiliteer, sal met die volle omvang van die wet te doen kry.”

OFM Nuus/Charne van der Merwe

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.