Central SA
Kleuter van Klerksdorp verower pryse by Royal International Miss Princess-kompetisie─── HEIDRÈ MALGAS 06:30 Fri, 19 Jul 2024
“Isabella van der Westhuizen (6) het in verskeie kategorieë deelgeneem en pryse gewen.”
’n Kleuter van Klerksdorp is gekies as die wenner in die Role model kategorieë in die Royal International Miss Princess-kompetisie 2024 in Orlando, Florida, verlede naweek.
Isabella van der Westhuizen (6) het in verskeie kategorieë deelgeneem en verskeie pryse gewen. Volgens haar ma, Bonita, was sy die wenner in Scrapbook, Power of the Crown en Best Fun Fashion Attire. Verder het sy die 3de plek in Academic Excellence, Photogenic Portfolio en Print Model; die 4de plek in Community Service; die 2de plek in Talent Showcase en Casual Wear; die 1ste plek in International Wear; en was dy die wenner in Purple Passion en Top Model 1st Runner Up, asook Regal Excellence Recognition.

Isabella met wenners van ander lande. Foto verskaf.
“Uit 22 meisies van verskeie lande het Isabella die titel gewen. Sy het ook ’n studiebeurs vir Pay It Forward gewen,” sê Bonita.
OFM Nuus het voorheen berig Isabella het reeds talle liefdadigheidsprojekte aangepak, maar haar gunsteling was Cupcakes for K9’s, omdat die diere hondekos gekry het. Sy hou van hierdie liefdadigheid, omdat die honde so oulik is.
Isabella het nuwe maats gemaak waaroor sy baie opgewonde was. Sy het ook Disneyland besoek, een van haar vele drome.

Die kompetisie het van 6 tot 13 Julie plaasgevind. Foto verskaf.
Een van haar eie platforms en liefdadigheidsprojekte word “Christmas All the Time” genoem, waar sy Kersboksies vir minderbevoorregte kinders maak en skenk. Sy het ook ’n groentetuin begin waardeur sy kinders voed.
Sy sê sy hou van kuns, woon kunsklasse by en neem ook aan kompetisies deel. Sy hou verder baie van netbal en gimnastiek.

Isabella en ander modelle uit verskeie lande. Foto verskaf.
Isabella het ’n Facebook-blad, Isabella van der Westhuizen, waar mense haar reis kan volg.
OFM Nuus/ Heidre Malgas mvh
