On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Klerksdorp-kleuter berei voor vir Miss Princess-kompetisie in Amerika

───   HEIDRÈ MALGAS 08:42 Thu, 20 Jun 2024

Klerksdorp-kleuter berei voor vir Miss Princess-kompetisie in Amerika | News Article
Isabella van der Westhuizen maak gereed om aan die Royal International Miss Princess-kompetisie in Orlando, Florida, deel te neem. Foto verskaf

“Isabella het reeds talle liefdadigheidsprojekte aangepak, maar haar gunsteling was Cupcakes for K9’s omdat die diere hondekos gekry het.”

’n Kleuter van Klerksdorp maak gereed om van 6 tot 13 Julie aan die Royal International Miss Princess-kompetisie in Orlando, Florida, deel te neem.

Isabella van der Westhuizen (6) sal in verskeie kategorieë meeding, waaronder verhoogbekendstelling, onderhoude, pretmode, topmodel, nasionale drag, aandrok, gemaklike drag, talent en fotogeniek.

Isabella van der Westhuizen (6) is opgewonde daaroor om Amerika te besoek. Foto verskaf

Isabella het reeds talle liefdadigheidsprojekte aangepak, maar haar gunsteling was Cupcakes for K9’s omdat die diere hondekos gekry het. Sy hou van hierdie liefdadigheid omdat die honde so oulik is.

“Ek het baie mense wat my ondersteun: eerstens my mamma, pappa, Tamika, wat my leer van modelwerk, Simoné wat my foto’s neem, en my nenna, wat my ouma is,” vertel Isabella. Sy sê sy is baie opgewonde oor die nuwe maatjies wat sy oorsee gaan maak omdat sy glo dat hulle vriendelik sal wees.

Isabella het baie hard geoefen en sal graag die kompetisie wil wen. Foto verskaf

“Ek wil regtig wen, want ek oefen elke liewe dag baie hard. Daar is sulke mooi krone en ek hou ook van die pryse,” sê sy.

Een van haar platforms en liefdadigheidsprojekte word “Christmas All the Time” genoem, waar sy Kersboksies vir minderbevoorregte kinders maak en skenk. Sy het ook ‘n groentetuin begin wat kinders voed en sterk maak.

Sy sê sy hou van kuns, woon kunsklasse by en neem ook aan kompetisies deel. Sy hou ook baie van netbal en gimnastiek.

Isabella het 'n platform genaamd 'Christmas all the time' waar sy liefdadigheidswerk doen. Foto verskaf

“Ek is die meeste opgewonde oor Disneyland omdat ek die kasteel wil sien, die Mickey-karakters wil ontmoet en ’n ‘American doll’ vir haarself wil koop,” het sy gesê.

Haar talent wat sy by die kompetisie gaan wys, is ’n hip-hop-dans, waar sy uit ’n boks gaan spring.

Oor die afgelope twee jaar het Isabella aktief aan talle gemeenskapsdiensgeleenthede deelgeneem as deel van haar deelname aan die internasionale kompetisie.

Isabella gaan 'n hip-hop-dans as talent by die kompetisie wys. Foto verskaf

Isabella het ook aan die “Power of the Crown”-kategorie deelgeneem en haar pogings gekanaliseer na outisme, spesifiek vir haar broer Ashton, wat met outisme leef. Haar platform, genaamd “Christmas all the time”, beklemtoon dat gee geen ouderdomsperke ken nie.

Isabella het ’n Facebook-blad, Isabella van der Westhuizen, waar mense haar reis kan volg

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.