On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Man doodgeskiet by bank in Welkom; verskeie mense gewond

───   HEIDRÈ MALGAS 08:59 Sun, 18 Aug 2024

Man doodgeskiet by bank in Welkom; verskeie mense gewond | News Article
Twee verdagtes het in dié voertuig weggejaag ná die skietvoorval in Welkom. Foto verskaf

“Vier ander bankwerknemers is vir skokbehandeling in ’n hospitaal in Matjhabeng opgeneem.”

’n Man is doodgeskiet by die taxi-staanplek Manny’s in Welkom toe hy in die ry gestaan het om geld by ’n OTM te onttrek.

“Dit het Saterdag (17/8) gebeur. Volgens getuies was die slagoffer in die ry om kontant te onttrek toe hy deur ’n vermeende huurmoordenaar genader is. Die aanvaller het verskeie skote op die slagoffer afgevuur, selfs nadat hy op die grond geval het,” sê Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

“Die slagoffer is op die toneel dood verklaar met verskeie skietwonde aan sy liggaam en gesig.”


Thakeng sê ’n vrouewerknemer van die bank is ook beseer met ’n skietwond aan haar been. Voorts is ’n kliënt in die bank in die knie geskiet. 

Nog ’n meisie (13) is beseer toe koeëls ’n venster stukkend geskiet het en die glasskerwe beserings veroorsaak het. “Vier ander bankwerknemers is vir skokbehandeling in ’n hospitaal in Matjhabeng opgeneem.”

Ná die skietery het omstanders twee mans, blykbaar Afrikaanssprekend, sien weghardloop na ’n blou Toyota Yaris met Lesotho-nommerplate. Die verdagtes het toe vinnig weggejaag en van die toneel verdwyn.

Die polisie het mense versoek om enige inligting te verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming van hierdie verdagtes. Speursers. Andrew Lechesa van die Valke in Welkom kan gekontak word by 060 985 9330. Of bel Stop Misdaad by 08600 10111.

Die gemeenskap word versoek om waaksaam te bly en enige inligting wat in die ondersoek kan help te verskaf, terwyl die wetstoepassers daaraan werk om die oortreders aan te keer.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.