On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kapenaar kry borg ná beweerde moord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:55 Tue, 04 Mar 2025

Noord-Kapenaar kry borg ná beweerde moord | News Article
Roelien Archer. Foto: Facebook

’n Man van Kimberley wat na bewering ’n vrou tydens ’n rusie doodgeskiet het, moet weer op 4 April in die hof verskyn.

Die plaaslike landdroshof het Deon Cloete (50) Donderdag (27/2) borgtog van R5 000 toegestaan, sê Mojalefa Senokoatsane, Noord-Kaapse NVG-woordvoerder. 

Cloete word daarvan aangekla dat hy Roelien Archer (42) op 30 Januarie in die voorstad Hillcrest vermoor het, sê Senokoatsane. Archer is geskiet tydens ’n uitval toe sy blykbaar haar klere by haar eks se huis gaan haal het. 

‘Te laat om sy borgtogaansoek te finaliseer’

Cloete is kort ná die voorval in hegtenis geneem. Die staat het sy borgtogaansoek teengestaan.

Hy het ook op 7 en 14 Februarie in die hof verskyn, toe die saak uitgestel is. Hy is ingelig dat dit te laat was om sy borgtogaansoek te finaliseer.

In ’n afsonderlike saak wend ’n man van Kimberley hom tot die appèlhof nadat sy borgtogaansoek die afgelope week misluk het. John Ross Henderson word aangekla van die moord en poging tot moord op Jayson Afrique en sy vrou, Micayla.

Jayson Afrique se vermeende moordenaar wend hom tot appèlhof | News Article

Jayson Afrique. Foto: Facebook

Die 38-jarige word daarvan aangekla dat hy Afrique in Julie verlede jaar doodgeskiet en probeer het om Micayla te skiet in hul bakkie voor hul woonkompleks.

Henderson is op 20 September in ’n vulstasie in Kimberley in hegtenis geneem ná ’n twee maande lange ondersoek na die skietery in die woonbuurt New Park.

Sy aanvanklike borgtogaansoek is geweier; so ook sy tweede poging, aan die hand van “nuwe feite”. Die saak is tot 28 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.