On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Dele van voertuig moontlik die van oorlede konstabels

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:44 Thu, 01 May 2025

Dele van voertuig moontlik die van oorlede konstabels | News Article
Dele van ’n voertuig is Woensdagmiddag deur die polisie se soek-en-reddingspanne in die Hennopsrivier gevind. Foto: Verskaf

Kenners is besig om te bepaal of die voertuigonderdele wat gevind is,verbind kan word met die VW Polo waarin die drie polisiebeamptes, wie se liggame gevind is, gery het.

Voertuigfragmente, insluitend ’n voor–en agterbuffer, is Woensdagmiddag (30/4) deur polisie-soek– en reddingspanne in die Hennopsrivier gevind, sê brig. Athlenda Mathe polisiewoordvoerder.

“Polisieduikers het 'n metaalvoorwerp opgespoor wat hulle vermoed verbind kan wees met die vermiste voertuig . Hierdie voorwerp is ongeveer 4 km van die N1–snelweg gevind. Die polisie soek steeds soek na die VW Polo waarin die konstabels gery het.”

Sy sê 'n polisie-reddingsbaadjie – wat vermoedelik aan een van die oorledenes behoort het – is ook tydens die soektog gevind.


Konst. Cebekhulu Linda (24), Boipelo Senoge (24) en Keamogetswe Buys (30). Foto: Verskaf.

Vyf liggame is Maandag (28/4) en Dinsdag in die Hennopsrivier deur polisieduikers gevind, waaronder konsts. Linda Cebekhulu (24), Keamogetswe Buys (30) en Boipelo Senoge (20). Volgens Mathe word die moontlikheid nie uitgesluit dat die motor moontlik in die swaar reën gegly het, wat reeds sedert verlede week oor die noorde van die land uitsak.

Die drie beamptes is laas op Woensdag 23 April by 'n Engen-vulstasie naby die Grasmere-tolplaza op die N1-snelweg in die suide van Gauteng gesien. Hulle het in 'n wit VW Polo-sedan met registrasienommer JCL 401 FS gery.

OFM Nuus het voorheen berig dat twee van die vermiste beamptes aan die Vrystaatse misdaadintelligensie–eenheid verbonde was en op spesiale diens in Limpopo was. Die jongste beampte, Senoge, was by die Parkweg-polisiekantoor gestasioneer en het in die Gemeenskapsdienssentrum gedien.

Die soektog na die voertuig ,waarin die Vrystaatse polisiekonstabels gery het, duur voort. Foto verskaf.

'n Hoëvlak–taakspan – insluitend speurders en misdaadintelligensiebeamptes van beide Gauteng–en die Vrystaat provinsies  is gemobiliseer om met die operasie te help. 'n 24-uur-operasiesentrum is ook opgerig om die voortgesette soekpogings te koördineer.

Dereleen James, ActionSA–LP, sê, “die verlies van enige beampte is ’n ernstige herinnering aan die geweldige risiko’s wat elke dag ons polisiebeamptes in die gesig staar.”

ActionSA vra,“vir die dringende hervorming van die polisiediens wat begin met leierskorps–aanspreeklikheid, streng keuring van beamptes, en die beskerming van fluitjieblasers”

Voorts versoek James dat daar vasgestel word of ‘enige sistemiese mislukkings’ ’n rol in die konstabels se dood gespeel het.

OFM Nuus  lh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.