On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Ses buitelanders in Vrystaat vasgetrek vir verkoop van verbode goedere

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:35 Sun, 04 May 2025

Ses buitelanders in Vrystaat vasgetrek vir verkoop van verbode goedere | News Article
Die tweedehandse goedere. Foto verskaf

Ses buitelandse burgers en winkebestuurders sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn vir die besit van onwettige sigarette en medisinale produkte met ’n geraamde straatwaarde van R235 855.

Die verdagtes, wat deur die Operasie Vala uMgodi-span tydens ’n tweedehandse goedere-nakomingsinspeksie in die Koppie Alleen-, Mooi- en Jan Hofmeyerstraat-gebiede, in hegtenis geneem is, sal ook vir die oortreding van die Medisynewet 101 van 1965 verskyn, sê lt. kol. Thabo Covane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die verdagtes (tussen 30 en 51) is almal van Bangladesj en Ethiopië.

“Handelsmerke soos Blue Chief, Remington Gold, Savanah Green, Boss, Sahawi en Ossam was onder die onwettige sigarette wat gevind is, saam met hubbly-geure soos Afzal Mint, F1, VIP en Sniper.”

Die sigarette. Foto verskaf

Covane sê gekonfiskeerde medisinale produkte sluit Betasol, Beneks, Diproson, Epiderm, Borrie-essensiële olies, Coco Pulp Cream en Caro Light Cream in.

Die produkte het glo 'n geraamde straatwaarde van R235 855. Foto verskaf

In ’n ander geval is nog ’n buitelandse burger in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit en handel in dwelms.

Die verdagtes sal Maandag (5/4) in die Ventersburg-landdroshof verskyn ná ’n polisie-operasie Vrydagaand (2/5), sê kapt. Loraine Earle, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Die polisie het ’n vragmotor op die N1 naby Ventersburg op pad na Kaapstad voorgekeer. Tydens die soektog het lede van die Welkom K9-eenheid meer as 6 600 bondels Khat – ’n onwettige dwelm – in die voertuig versteek ontdek. Die geraamde straatwaarde van die gekonfiskeerde dwelms is byna R200 000.”

Die gekonfiskeerde dwelms. Foto verskaf

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte wat verband hou met dwelmbesit en -handel.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.