On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-ma bly agter tralies wat dogter glo met suur gooi

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:04 Mon, 12 May 2025

Noordwes-ma bly agter tralies wat dogter glo met suur gooi | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

’n Ma van Noordwes wat na bewering vloeibare suur op haar dogter se gesig gegooi het, se saak is tot 1 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

Die ma (47) is Dinsdag (6/5) borgtog geweier nadat die staat aangevoer het haar vrylating sou ’n bedreiging vir die veiligheid van haar dogter (14) inhou, sê Sivenathi Gunya, NVG-woordvoerder.

“Die aanklaer het ook beklemtoon die meisie het ernstige trauma en vrees ervaar tydens die voorval en het die hof gevra om voorkeur te gee aan die beskerming van die slagoffer.” Die hof het saamgestem die ma, wat aangekla word van poging tot moord en kindermishandeling, is nie ’n geskikte kandidaat vir borgtog nie.

Noordwes-ma in hof oor suur in tiener se gesig | News Article

Foto ter illustrasie: Time of India

OFM Nuus het voorheen berig die ma het die meisie glo gevra om haar in die vroeë oggendure van 22 April na ’n buitekamer te vergesel. “Die ma het toe na bewering vloeibare suur in die meisie se gesig gegooi,” sê Gunya.

“By haar borgtogaansoek (Dinsdag) het die hof gehoor dat die ma haar kind toe na die hospitaal gebring het. Sy is daarna in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.”

Die volle omvang van die meisie se beserings is nie bekend nie.

Motief bly onduidelik

Volgens Gunya het die ma in haar beëdigde verklaring, wat tydens die borgtogaansoek ingedien is, beweer dat sy geen vorige veroordelings het nie en nie met die klaer (haar dogter) sou inmeng nie.

Die staat het egter borgtog teengestaan en ’n beëdigde verklaring van die ondersoekbeampte voorgelê wat verslae van vorige voorvalle insluit waarin die ma na bewering gedreig het om haar dogter dood te maak.

Die motief vir die aanval bly onduidelik. Die ma, ’n inwoner van die nedersetting Majemantsho by Mahikeng, se identiteit weer weerhou om haar minderjarige dogter te beskerm.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.