On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Sewe binnekort in hof nadat kitsbank by Clarens opgeblaas is

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:48 Sun, 18 May 2025

Sewe binnekort in hof nadat kitsbank by Clarens opgeblaas is | News Article
Twee van die verdagtes wat aangekeer is. Foto verskaf

Sewe mense van die Vrystaat sal binnekort in die hof verskyn in verband met ’n kitsbankontploffing.

Vier verdagtes is Dinsdag (14/5) omstreeks 00:05 naby ’n kitsbank by ’n vulstasie in Clarens gesien. Oomblikke later het ’n ontploffing plaasgevind gevolg deur geweerskote, sê sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder.

Die polisie van Clarens het vinnig gereageer op wenke dat die verdagtes in ’n blou Toyota Fortuner met Gauteng-nommerplate gery het. “Hierdie belangrike inligting is onmiddellik versprei en ’n gekoördineerde klopjag is van stapel gestuur.”

Kareli sê voorlopige ondersoeke bevestig dat plofstof gebruik is om die kitsbank te vernietig en dat ’n onbekende bedrag geld gesteel is.

Plofstof is gebruik om die kitsbank naby Clarens op te blaas. Foto verskaf

“Die Ficksburg-polisie het Saterdag (17/5) omstreeks 01:00 die geparkeerde Toyota Fortuner naby ’n kitsbank in Ficksburg opgemerk.”

Hy sê twee mans is gesien wat met die kitsbank peuter. “Toe die verdagtes die polisie opmerk, het hulle probeer om van die toneel te vlug. ’n Jaagtog het gevolg wat gelei het tot die suksesvolle aankeer van die Fortuner se vyf insittendes, insluitend een vrou.”

Van die geld wat gesteel is. Foto verskaf

Die twee verdagtes wat aanvanklik by die kitsbank betrap is, is ook in hegtenis geneem. “Gevlekte banknote wat dui op gesteelde geld van die kitsbank is by die verdagtes en in die voertuig gevind.”

Al sewe die verdagtes is buitelandse burgers waarvan vier nie die nodige dokumentasie het nie. 

Die gevlekte banknote is in hul besit gevind. Foto verskaf

Kareli sê daar is op die blou Toyota Fortuner beslag gelê. Die Valke in die Vrystaat het die ondersoek oorgeneem en sal fokus op aanklagte van sakeroof en ander moontlike verwante oortredings. 

Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof op Clarens en Ficksburg verskyn.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.