Central SA
Vanderbijlpark-ma, sangoma verskyn oor moord en mensehandel─── ZENANDE MPAME 14:06 Fri, 30 May 2025

Die Vanderbijlparkse ma en ’n sangoma, kom na verwagting Maandag (2/6) voor in die plaaslike landdroshof voor nadat sy na bewering haar tweejarige verkoop het.
Menslike oorskot is Donderdag (29/5) gevind wat vermoedelik dié van Kutlwano Shalaba is, sê Gautense polisie. Hy was sedert November vermis.
’n Verdagte is dieselfde dag in hegtenis geneem in verband met Kutlwano se verdwyning. Tydens voorlopige ondersoeke het die verdagte die polisie na ’n vlak graf langs Waterpanweg naby die R28 in Bekkersdal gelei. Die oorskot van ’n peuter is gevind.
Menslike oorskot is gevind wat vermoedelik dié van Kutlwano Shalaba is. Foto verskaf
Albei die verdagtes staan tereg op aanklagte van moord en mensehandel.
“Terwyl die land Kinderbeskermingsweek herdenk, het die polisie die grusame ontdekking gemaak van ’n kind se liggaam, vermoedelik dié van die tweejarige Kutlwano Shalaba,” sê Tintswalo Sibeko, Gautengse polisiewoordvoerder.
“Die oorskot behoort vermoedelik aan Kutlwano, maar DNS-toetse sal gedoen word om die identiteit vas te stel. Die ma is sedert November in aanhouding en borgtog is teengestaan.”
Kutlwano is aanvanklik as vermis aangemeld deur haar ma, Keneilwe Shalaba. Maar ondersoeke het later getoon dat sy glo by haar kind se verdwyning betrokke was.
Shalaba het in Februarie vanjaar in die gevangenis die lewe geskenk aan ’n tweeling nadat sy tydens haar borgtogaansoek aangevoer het dat sy nie behoorlik medies behandel is nie. Sy is in hegtenis geneem en aangekla van mensehandel, sameswering om ’n misdaad te pleeg en van ’n valse verklaring aan die polisie nadat sy beweer het haar kind is in November ontvoer.
“Die beskuldigde het tydens die borgtogaansoek getuig en gesê sy is ’n eerste oortreder en kan nie in aanhouding vir haar kinders sorg nie,” sê Lumka Mahinjana, Gautengse NVG-woordvoerder.
“Die staatsaanklaer, Cornelle Grobler, het die borgtogaansoek teengestaan en gesê die beskuldigde is ’n gevaar vir haar kinders omdat hulle moontlik dieselfde lot as die vermiste kind kan tref.”
OFM Nuus het vroeër berig R75 000 is in Shalaba se bankrekening inbetaal op die dag waarop Kutlwano se ma beweer het hy is ontvoer.
Kutlwano is in November vermis nadat haar ma beweer het drie mans het die kind van haar rug afgegryp en in ’n silwer VW Polo weggejaag. Drie dae later het sy ’n klag van ontvoering by die Boipatongse polisiekantoor ingedien.