On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse inwoners sukkel weens munisipale finansiële krisisse

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:11 Sat, 12 Jul 2025

Vrystaatse inwoners sukkel weens munisipale finansiële krisisse | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Die minster van finansies se aankondiging dat daar oorweeg word om elf Vrystaatse munisipaliteite se aandeelfondse terug te hou kan noodsaaklike dienslewering benadeel.

Die besluit het kommer oor regeringsverantwoordbaarheid laat ontstaan en vereis oproepe vir dringende ingryping op alle vlakke van die regering. 

Enoch Godongwana, minister van finansies, het verlede week in ’n brief aan Velenkosini Hlabisa, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, aangedui sy departement oorweeg om elf Vrystaatse munisipaliteite se billike aandeelfondse te weerhou weens voortgesette finansiële wanbestuur, sê Armand Cloete, VF Plus-LPW: Vrystaat.

Godongwana se rede vir dié drastiese stap sluit in onbefondsde begrotings, voortdurende wanbetalings aan waterrade en derdeparty-bydraes.

Aankoop van nuwe voertuie in Vrystaat is klap in die gesig | News Article

Armand Cloete. Foto: X

Cloete sê Hlabisa was veronderstel om teen Donderdag (10/7) skriftelike insette hieroor by die nasionale tesourie (NT) in te diene n hoewel die NT ’n grondwetlike plig het om staatsgeld te beskerm, sal die weerhouding van fondse verreikende gevolge vir inwoners inhou.”

Hy sê die VF Plus het intussen Saki Makoena, die Vrystaatse LUR vir Cogta, gevra om aan te dui hoe sy departement effektief gaan ingryp by munisipaliteite wat nie hul billike aandeelfondse aanwend tot voordeel van inwoners nie, maar dit eerder aan enorme salarisrekeninge bestee. Dit is geld wat hoofsaaklik  vir dienslewering bestem is.

‘Dit is nie volhoubaar nie’

Cloete sê daar is agterstallige derdeparty-oordragte van honderdmiljoene rand en skuld aan waterrade miljarde rand en dit is nie volhoubaar nie.

“Om geld van sukkelende munisipaliteite te weerhou, is nie genoeg nie. Al drie regeringsvlakke het ’n verantwoordelikheid om te verseker dat inwoners se regte beskerm word.

Die VF Plus sal ook in die betrokke portefeuljekomitee in die Vrystaatse wetgewer daarop aandring dat die regering aandui hoe die voortdurende wanbestuur aangepak gaan word. 

Munisipaliteite wat se geld weerhou kan word:

  • Matjhabeng (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom)
  • Maluthi-A-Phofung (Harrismith, Kestell, Phuthaditjhaba)
  • Kopanong (Bethulie, Edenburg, Fauresmith, Gariepdam, Jagersfontein, Philippolis, Reddersburg, Springfontein, Trompsburg, Waterkloof)
  •  Letsemeng (Jacobsdal, Koffiefontein, Luckhoff, Oppermansgronde, Petrusburg)
  •  Mohokare (Rouxville, Smithfield, Zastron)
  •  Masilonyana (Soutpan, Theunissen, Verkeerdevlei, Winburg, Winnie Mandela (Brandfort)
  •  Nketoana (Arlington, Lindley, Petrus Steyn, Reitz)
  •  Phumelela (Memel, Vrede, Warden)
  •  Ngwathe (Edenville, Heilbron, Koppies, Parys, Vredefort)
  •  Mafube (Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers)

OFM Nuus het vroeër berig dat daar ook oproepe vir ’n ondersoek is nadat dit aan die lig gekom het dat miljarde rand onwettig deur munisipaliteite in die Noord-Kaap bestee is.

Die grootste sondaars blyk die Sol Plaatje-munisipaliteit (Galeshewe en Kimberley) en Emthanjeni (De Aar) te wees.

AfriForum doen ’n beroep op die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer om ’n ondersoek in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur te loods na die swak finansiële toestand van die provinsie se munisipaliteite, sê Thomas van Dalen, AfriForum se streekhoof in die Noord-Kaap.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.