On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Welkom-moord: Dogter getuig ma, pa gaan mekaar gereeld te lyf

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 19:22 Mon, 21 Jul 2025

Welkom-moord: Dogter getuig ma, pa gaan mekaar gereeld te lyf | News Article
Linda van den Heever staan tereg op die moord op haar eksman, André van den Heever, einde 2021. Foto: Charne van der Merwe

Die staat begin Dinsdag (22/7) die kruisondervraging van die dogter van ’n Vrystater, wat daarvan beskuldig word dat sy haar eksman vermoor het.

Melissa van den Heever was Maandag die eerste getuie wat deur die verdediging in die Welkomse rondgaande hof geroep is waar haar ma, Linda van den Heever (64), teregstaan vir die moord op haar pa, André (64).

Van den Heever sou na verwagtinge Maandag die eerste getuie gewees het, maar haar regsverteenwoordiger, Allen Simpson, het ’n uitstel versoek en gesê dat die deskundige verslag wat vir haar getuienis vereis word, nog nie volledig was nie en dat sy nie bereid was om daarsonder voort te gaan nie.

Bewyse in sak gesteek

Terwyl die hof erken het dat hierdie versoek van die standaardprosedure afgewyk het, is beslis dat Van den Heever nie as die eerste getuie sou getuig nie. In plaas daarvan sou ander verdedigingsgetuies geroep word om voor haar te getuig.

Melissa het getuig dat ’n man – wat nie ’n polisie-uniform aangehad het nie – ’n doppie en ’n projektiel van die moordtoneel opgetel het nadat sy dit aan hom uitgewys het. Sy beweer die man het versuim om die items, soos vereis, in ’n plastiekbewyssakkie te plaas en dit eerder na bewering in sy sak gesit.

Melissa het aan die hof gesê sy het hierdie inligting reeds verskaf aan die staatsaanklaer, adv. Ena Liebenberg, maar het gesê niks is met hierdie kritieke bewyse gedoen nie. Volgens haar was sy in Johannesburg – waar sy woon – ten tyde van die voorval op 14 Desember 2021 en het talle mense haar gebel om haar van die moord op haar pa in te lig.

Albei trap oor tou

Met haar aankoms by die huis waar hulle grootgeword het en wat die misdaadtoneel geword het, was haar broer, Christopher, reeds daar. Sy het ’n skietmerk teen een van die mure opgemerk. Sy het haar pa se se kantoorstoel buitentoe geskuif toe sy die doppie opmerk. André, ’n prokureur, het sy regspraktyk vanuit die huis bedryf.

Volgens Melissa het sy nooit na Johannesburg teruggekeer nie en het sy op die dag van die voorval in die huis ingetrek. Sy beweer sy het tien dae later ’n handwapen in een van die kaste ontdek, al het sers. Werner Holtzhausen, die polisiebeampte in beheer van die beveiliging van die huis, dit voorheen deursoek en geen vuurwapens gevind nie.

Melissa sê sy het ’n ander polisiebeampte gebel, wat die wapen kom haal het. Die slagoffer en beskuldigde is in 2012 geskei nadat albei glo ’n buite-egtelike verhouding gehad het.

‘Sy was bewus daarvan dat haar ouers handgemeen met mekaar was’

Nadat Van den Heever na ’n ander provinsie verhuis het en die woonstel waarin sy gewoon het, verhuur het, het nuwe werkgeleentheid nie uitgewerk nie. Dis toe day sy weet by André intrek.

Melissa het getuig hoewel sy dit nie eerstehands gesien het nie, was sy bewus daarvan dat haar ouers handgemeen met mekaar was. Haar ma se kêrel, Kiewiet van der Westhuizen, het ’n nadelige invloed op haar ma gehad, het sy getuig, en haar pa het ’n vrou gehad wat haar ma sterk afgekeur het.

Sy en Van Der Westhuizen was destyds al sewe jaar lank in ’n verhouding. Christopher sal na verwagting ook deur die verdediging vir ondervraging geroep word.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.