On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Meer as R20 miljoen vir Bloemfontein-dieretuin begroot

───   ZENANDE MPAME 08:32 Sat, 26 Jul 2025

Meer as R20 miljoen vir Bloemfontein-dieretuin begroot   | News Article
Meer as R20 miljoen is vir die Bloemfontein-dieretuin begroot. Foto: Gypseenia Lion

Die heropening van die Bloemfontein-dieretuin is deel van die plan om ontspanningsruimtes in die Mangaung-metro te verbeter.

Die Mangaung-metro is daartoe verbind om die Bloemfontein-dieretuin voor die einde van die huidige boekjaar te herstel, sê Gregory Nthatisi, burgemeester. 

Tydens ’n parlementêre toesigbesoek Donderdag (24/7) deur die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake is die situasie van die Bloemfontein-dieretuin verskeie kere bevraagteken.

“Toe die dieretuin gesluit was, was sommige van ons nie daar nie, maar die kinders en mense van Mangaung verdien hul dieretuin en daardie dieretuin moet terugkom,” sê Nthatisi.


“Ons het in hierdie boekjaar vir die dieretuin begroot. Ons kry nou diere en maak seker alle omheinings is skoon.” 

Die begroting is meer as R20 miljoen vir die onderhou en instandhouding van die dieretuin. Die plan is egter dat ons die dieretuin so moet bestuur dat dit sy eie hulpbronne vir sy volhoubaarheid genereer deur dit te kommersialiseer. Die metro sê hulle werk hard om aan al die regulasies te voldoen. Die dieretuin was voorheen gesluit omdat hulle nie aan al die vereistes kon voldoen nie. 

Die dieretuin is in 2019 gesluit ná klagtes van die publiek oor die versorging van die diere. Foto’s van die dieretuin is wyd op sosiale media versprei. In Desember 2022 het AfriForum stappe gedoen om te verseker hawelose mense beset nie die dieretuin nie. 

“Ons gaan verseker dat daar in en om die dieretuin ander ekstra aktiwiteite is wat ons kinders sal vermaak,” sê Nthatisi. Ons moet ons kinders van die straat af hou en fasiliteite skep waar ontspanningsaktiwiteite vir hulle toeganklik sal wees. 

“Dit is hul eiendom en ons gaan seker maak dat hulle dit geniet. Dit en die herstel van swembaddens is bedoel om ons mense te dien.”

Op ’n spesiale raadsvergadering wat in Maart gehou is, is besluit die dieretuin sal teen 2028 ná opknappings oop vir die publiek wees.

OFM News/Zenande Mpame dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.