On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse munisipaliteite ‘word oor rand van afgrond bestuur’

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:20 Mon, 28 Jul 2025

Vrystaatse munisipaliteite ‘word oor rand van afgrond bestuur’ | News Article
Die Vrystaatse munisipaliteite word oor die rand van afgrond bestuur. Foto: iStock

Solank as wat die ANC in beheer van Vrystaatse munisipaliteite is, sal daar geen verbetering of verandering in plaaslike regering in die provinsie wees nie.

Vrystaatse munisipaliteite was nog nooit in die haglike finansiële toestand waarin hulle tans is nie, sê Armand Cloete, VF Plus-wetgewerlid.

“Dít blyk duidelik uit die gesamentlike oorsig van die nasionale en provinsiale portefeuljekomitees vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) verlede week.” Volgens Cloete dui die munisipale ouditverslae vir die 2023/24-finansiële jaar duidelik op ’n gebrek aan verantwoordbaarheid en finansiële wanbestuur.

Armand Cloete. Foto: X

Hy sê ander bevindings sluit in dat ondersoeke na finansiële ongerymdhede of glad nie gedoen word nie of vir jare sloer sonder enige afhandeling. Daar word (selde) indien ooit teen skuldige amptenare opgetree en munisipaliteite gaan bloot voort om openbare fondse te wanbestee of te plunder.

Daar is talle munisipaliteite wat jaar ná jaar onbefondsde begrotings goedkeur ten spyte van waarskuwings dat dit op ’n onrealistiese invorderingskoers gegrond is. Cloete sê munisipaliteite se gesamentlike agterstallige skuld aan derdepartye soos pensioenfondse, die inkomstediens en die ouditeur-generaal (OG), beloop meer as R830 miljoen.

“Skuld aan die Vaalsentraal-waterraad beloop tans meer as R10 miljard met geen duidelike plan om dit te vereffen nie.”

Herstelplan noodsaaklik

Nóg die premier, Maqueen Letshoa-Mathae, nóg die LUR vir samewerkende regering, Saki Mokoena, kon ’n geloofwaardige herstelplan bied om die vervalle munisipaliteite in die Vrystaat te red. Die enigste manier om dit te doen, is om van die ANC by die stembus ontslae te raak.

OFM Nuus het voorheen berig dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, se plan om ekwiteitsfondse van elf Vrystaatse munisipaliteite terug te hou, noodsaaklike dienslewering ernstig kan beïnvloed.

Die stap het kommer oor regeringsverantwoordbaarheid gewek en vereis dringende optrede op alle vlakke. Volgens Cloete het Godongwana in ’n brief aan minister Velenkosini Hlabisa gesê dat die Tesourie die stap oorweeg weens voortdurende finansiële wanbestuur – soos onbefondsde begrotings, onbetaalde waterraadrekeninge en versuim om derdeparty-bydraes te maak.

Vrystaatse inwoners sukkel weens munisipale finansiële krisisse | News Article

Foto ter illustrasie: iStock

Cloete waarku egter dat die besluit gevolge vir inwoners sal hê. Die VF Plus het ook die Vrystaatse LUR vir die Cogta, Saki Makoena, gevra hoe sy departement sal ingryp in munisipaliteite wat billike deelfondse misbruik op opgeblase salarisrekeninge in plaas van dienslewering.

Cloete sê agterstallige skuld aan derde partye beloop honderde miljoene en waterraadskuld miljarde – duidelik onvolhoubaar.

“Die terughouding van fondse alleen is nie genoeg nie. Al drie vlakke van regering moet optree om inwoners se regte te beskerm,” sê hy.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.