On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek ná ouer gedreig word by Noordwes-skool

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:01 Wed, 30 Jul 2025

Ondersoek ná ouer gedreig word by Noordwes-skool | News Article
Laerskool Bailliepark in Potchefstroom. Foto: Facebook/Laerskool Baillie Park

’n Ouer van ’n skool in Noordwes oorweeg sy volgende stappe nadat hy na bewering by die skool met ’n vuurwapen gedreig is toe hy sy kinders opgelaai het.

Ouers van die Laerskool Baillie Park in Potchefstroom is bekommerd nadat hulle Dinsdag (29/7) ’n brief van die skool ontvang het waarin gevra word dat enigiemand met inligting oor die voorval Maandag (28/7) na vore te kom.

“Ons wil u graag inlig oor ’n ontstellende voorval wat gistermiddag op die skoolterrein plaasgevind het. Een van ons ouers is na bewering deur (die bestuurder van) ’n swart BMW van (sy) werkplek in die Bult-gebied gevolg.

Die hoofingang van Laerskool Bailie Park in Paveystraat, Potchefstroom. Foto: baillielaer.co.za

“Omstreeks 17:15 het die ouer opgedaag om (sy) kinders by die nasorg by die draaihek in Paveystraat te kom haal,” lui die brief deur Jonathan Baron, voorsitter van die skoolbeheerliggaam.

“Op daardie tydstip het ’n blougrys dubbelkajuitbakkie naby stilgehou. Verskeie individue het uit die voertuig geklim en een van hulle het in ’n verbale konfrontasie met die ouer betrokke geraak.

“Tydens die gesprek is ’n vuurwapen na bewering op die ouer gerig. Die ouer het homself en sy kinders onmiddellik uit die gebied verwyder. 

‘Veiligheid van ons kinders, ouers en personeel is ononderhandelbaar’

“Gelukkig is geen skote afgevuur nie en geen beserings is aangemeld nie.”

Volgens Baron was dit moontlik ’n misverstand, maar die skool hanteer steeds die saak met die grootste erns. “Ons werk tans daaraan om die betrokke voertuie te identifiseer en doen ’n beroep op enige ouers wat moontlik bykomende inligting het om mnr. Benje Ouwencamp te kontak.

“Die veiligheid van ons kinders, ouers en personeel is ononderhandelbaar, en ons doen alles in ons vermoë om hul beskerming te verseker.”

LEES OOK: Konsert op unieke digitale pyporrel ’n eerste vir Potchefstroom

Ouwencamp, die adjunkhoof, sê die skool is nie bereid om op hierdie stadium kommentaar te lewer nie, maar hy bevestig beeldmateriaal is aangevra.

Kol. Adele Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder het by navrae gesê twee sake word ondersoek – ’n saak van aanranding, asook die rig van ’n vuurwapen.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.