On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bejaarde Vrystaatse boer weer in hof vir moord

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 07:30 Thu, 07 Aug 2025

Bejaarde Vrystaatse boer weer in hof vir moord | News Article
Carl Christian Gutter word ná byna nege jaar vervolg. Foto: Charne van der Merwe

’n Bejaarde Vrystaatse boer sal Donderdag (7/8) weer in die hof verskyn op aanklagte van moord.

Carl Christian Gutter (78), ’n boer van Brandfort, word ná nege jaar vervolg nadat hy na bewering vir Sonnyboy Segalo, wat sy plaas betree het, doodgeskiet het.

Tydens sy eerste hofverskyning op 21 Mei is Gutter borgtog van R2 000 toegestaan. Hy het weer op 29 Mei verskyn, toe die verdediging uitstel versoek het om vertoë aan die direkteur van openbare vervolging in Bloemfontein te rig.

Die aanklag spruit uit ’n voorval wat op 29 Augustus 2016 op Gutter se plaas, Palmietfontein, in die distrik Brandfort. Die polisie is na die toneel ontbied ná berigte van ’n plaasaanval, het lt.kol. Zweli Mohobeleli, Valke-woordvoerder, vroeër gesê.

“Met hul aankoms het hulle vier verdagtes teëgekom wat deur plaaslike boere en plaaswerkers aangehou is. Onder hulle was Segalo, wat met sy gesig na onder gevind is met ’n skietwond in sy rug.”

Twee vuurwapens is naby die toneel gevind en weggestuur vir ballistiese ontleding.

LEES OOK: Valke ondersoek beweerde aanval op Brandfort-boer 

Segalo het later aan sy beserings beswyk, sê Mohobeleli. “Hoewel hy en sy medepligtiges aanvanklik van poging tot roof aangekla is, is die drie medebeskuldigdes vrygespreek.”

Niemand is destyds vir Segalo se moord in hegtenis geneem nie.

Nadat ’n formele geregtelike doodsondersoek in Julie verlede jaar deur die Brandfortse landdroshof geopen is, het die hof se bevindinge – wat in Maart aangekondig is – egter gelei tot die uitreiking van ’n lasbrief vir Gutter se inhegtenisneming op aanklagte van moord.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.