On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Get Wise Wednesday: Hoe gereeld moet jy regtig jou voertuig versien?

───   11:00 Wed, 06 Aug 2025

Get Wise Wednesday: Hoe gereeld moet jy regtig jou voertuig versien? | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Op vandeesweek se Get Wise Wednesday op OFM gesels ons oor iets waarin die meeste van ons belê: ons voertuie.

Dit is ’n duur bate wat nie sommer vervang kan word nie, daarom is dit belangrik om jou ryding reg te versorg.

OFM se Yolanda Maartens het met Gysie Pienaar van OFS Smart Repair gesels oor hoe gereeld voertuie ’n versiening nodig het, en wat jy self daaraan kan doen – of liewers nié moet doen nie.

Volgens Pienaar het elke voertuig sy eie versieningsintervalle, soos deur die vervaardiger voorgeskryf. “Vir sommige voertuie is dit elke 5 000 km, ander elke 10 000 km, en sommige selfs 20 000 km. 

“Dit is belangrik om jou voertuig se spesifieke versieningskedule na te gaan en dit nie te oorskry nie.” 

LEES OOK: Get Wise Wednesday: Verstaan jou motor se waarskuwingsligte!

Wat selfversiening betref, hy keur dit sterk af – veral as dit by moderne motors kom. “Met al die nuwe tegnologie, sensors en beheereenhede kan ’n mens maklik iets aktiveer of deaktiveer wat later groot probleme veroorsaak.”

Maar hoe kies jy ’n betroubare werktuigkundige? Pienaar stel voor dat kliënte kyk na akkreditasies, en selfs die werkswinkel besoek. 

“Is dit skoon? Stem dit ooreen met wat hulle adverteer? Maak seker die tegnikus het ervaring met jou soort voertuig.”

OFM cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.