On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
Show Background
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Man aangekeer ná ontploffing in Jan Kempdorp

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:13 Sun, 17 Aug 2025

Man aangekeer ná ontploffing in Jan Kempdorp  | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

'n Noord-Kaapse man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn ná ’n ontploffing verlede maand by ’n sjebien. Drie mense is dood en talle ernstig beseer.

’n Man (28) van Ganspan naby Jan Kempdorp is deur die polisie se provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad en die Hartswater-polisie se misdaadintelligensie-eenheid in hegtenis geneem, sê kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder.

Sy sê die polisie in Jan Kempdorp ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord in verband met die skokkende gebeure wat in die vroeë oggendure van 27 Julie plaasgevind het.

OFM Nuus het vroeër berig  ’n groep van 14 mans en vroue het omstreeks 03:30 om ’n gesit, gedrink en gekuier. 

Almal het brandwonde opgedoen

Tydens  ’n kragonderbreking daardie oggend het ’n onbekende persoon na bewering  iets in die vuur gegooi wat ’n ontploffing veroorsaak het. Al 14 mense het brandwonde opgedoen. 

“Drie van die slagoffers is later in die hospitaal dood. Die ander slagoffers word steeds vir hul brandwonde behandel.” 

Verdagte sal binnekort in hof verskyn

Hy sal binnekort in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting kan kol. Letlhogonolo Kanakang by 071 686 1360, kol. Corrie Coghlan by 071 686 0020 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan ook gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.
Alle inligting sal as vertroulik beskou word. 

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.