On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse-polisiebeampte se saak uitgestel vir voorverhoorkonferensie

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:01 Thu, 21 Aug 2025

Noord-Kaapse-polisiebeampte se saak uitgestel vir voorverhoorkonferensie | News Article
Die aanklagte teen lt.kol. Pieter Andries Nel van die Upington-polisiekantoor, sluit bedrog en geldwassery in. Foto verskaf

’n Voormalige Noord-Kaapse polisiebeampte wat daarvan verdink word dat hy met reis- en verblyfeise gepeuter het, sal weer op 5 November in die hof verskyn vir ’n voorverhoorkonferensie

Lt.kol. Pieter Andries Nel, voorheen gestasioneer by die Upington-polisiestasie, het Maandag (18/8) in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie na bewerings dat hy die dossier in sy eie korrupsiesaak aan die verdediging bekend gemaak het. Die saak is toe uitgestel, sê lt. kol. Tebogo Thebe, Valke woordvoerder.

Nel is voorheen op borgtog van R20 000 op 20 Mei vrygelaat, nadat die saak uitgestel is vir ’n eerste verskyning in die streekhof.

OFM Nuus het vroeër berig dat Nel by sy huis deur die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekeenheid in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog, geldwassery en oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Volgens Thebe was Nel, wat as die polisiehoof van finansiële dienste in die Z.F. Mgcawu-distrik gedien het, verantwoordelik vir die goedkeuring van betalings aan diensverskaffers, sowel as verblyf- en reiskoste vir beamptes gestasioneer in Gordonia.

“Tussen 2022 en 2024 het hy na bewering bedrieglike betalings van meer as R1.2 miljoenge ge skep en goedgekeur, wat toe na bewering in sy persoonlike bankrekening betaal is,” sê Thebe.

Mynregtebedrogsaak

Intussen sal twee Noord-Kaapse inwoners na verwagting weer op 9 September in die Douglas-landdroshof verskyn in ’n aparte saak wat betrekking het op mynregtebedrog. Roslyn Crossingham (72) en Martha Rapetsoa (49) het 5 Augustus in die hof verskyn. 

Hulle is beide met hule eerste verskyings in Julie op borgtog vrygelaat. 

Die twee is onder die beskuldigdes in die mynbedrogsaak en dien as mededirekteure van Rowen Tree 60, sê Nomthandazo Mnis, Valke-woordvoerder.

LEES OOK: Vermeende Noord-Kaapse bedrieër se saak na handelsmisdaadhof oorgeplaas

Rapetsoa word daarvan beskuldig dat sy ’n aansoek vir die hernuwing van prospekteerregte teruggetrek het, al is die aansoek reeds deur die departement van minerale, hulpbronne en energie verwerk.

Daar word beweer dat Crossingham in 2012 ’n hernuwingaansoek vir die maatskappy se prospekteerregte by die departement teruggetrek het. Ten spyte van hierdie onttrekkings, het beide vroue na bewering die maatskappy en die ongeldige mynregte in 2015 aan ’n sakeman vir R100 000 verkoop.

“Voordat die betaling gemaak is, het Crossingham na bewering die maatskappy weer verkoop – hierdie keer aan die klaer – terwyl hy die onttrekkingsbrief weerhou het om dit te laat lyk asof die prospekteerregte steeds geldig was,” het Mnisi gesê.

Borgtog vir Noord-Kaapse vrou wat glo mynregte verkoop | News Article

Roslyn Crossingham. Foto: SAPD

Omdat hy geglo het dat die regte wettig was, het die klaer R1,368 miljoen vir die maatskappy betaal. Mnisi het verder onthul dat R100 000 van hierdie bedrag na bewering in die persoonlike rekening van een van die direkteure gedeponeer is.

“Die transaksie het na bewering daartoe gelei dat die klaer die volle R1,368 miljoen verloor het,” het Mnisi gesê.

Meer inhegtenisnemings word verwag namate ondersoeke na die mynbedrogsaak voortduur.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.