On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Swaar reën en buie op pad na Sentraal-SA

───   15:24 Thu, 25 Sep 2025

Swaar reën en buie op pad na Sentraal-SA | News Article
Hewige reën en hael het Woensdagmiddag in Kroonstad geval. Skermgreep: Marthie Swart/FB eënval in SA

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku swaar reën en verspreide buie kan veral Saterdag in die sentrale dele van Suid-Afrika voorkom.

Veral Saterdag word nat en koel toestande oor groot dele van die Vrystaat, Noordwes, die suide van Gauteng en die noorde van die Noord-Kaap voorspel. Die weerdiens raai inwoners aan om weeropdaterings dop te hou en voorsorgmaatreëls te tref vir die naweek. 

Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur, veral op nat paaie en tydens swaar neerslae.

Die weerdiens raai inwoners aan om weeropdaterings dop te hou en voorsorgmaatreëls te tref. Foto: iStock

In die Vrystaat word oorwegend sonnige weer nog vir Vrydag voorspel, met ligte buie in die aand. Saterdag word dit skielik aansienlik kouer met wydverspreide en swaar reënbuie, veral in die sentrale en oostelike dele. 

Die maksimum temperatuur daal tot sowat 18 °C, met nat toestande wat tot Sondagoggend kan aanhou.

In Kuruman en Upington word swaar reën word verwag. Foto: iStock

In die noorde van die Noord-Kaap sal dit Vrydag warm en droog wees, maar Saterdag bring ’n merkbare verandering. 

Swaar reën word verwag, veral in die omgewing van Kuruman en Upington, met temperature wat tot 23 °C daal. Sondag sal die son weer deurbreek, maar die grond sal nat bly.

In Noordwes sal dit Vrydag en Sondag sonnig en warm wees, maar Saterdag sal ’n bewolkte dag wees en ligte buie sal voorkom. Die provinsie sal waarskynlik minder reën ontvang as die Vrystaat en Noord-Kaap.

Seisoenale oorgang

In die suide van Gauteng word bewolkte toestande en ligte reën vir Saterdag voorspel, met die temperatuur wat effens sal daal. Die reën hier sal waarskynlik nie lank aanhou nie, maar kan verkeer en buitelugaktiwiteite beïnvloed. 

Sondag herstel die weer met warmer en droër toestande.

Die reën kom te midde van die seisoenale oorgang en kan verligting bring vir boere en gebiede wat onder droogtetoestande gebuk gaan. Weervoorspellers waarsku egter teen moontlike oorstromings in laagliggende gebiede, veral waar die grond reeds versadig is.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.