On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Dag drie: Soektog na vermiste Glen-kleuter duur voort

───   ZENANDE MPAME 13:10 Tue, 11 Nov 2025

Dag drie: Soektog na vermiste Glen-kleuter duur voort | News Article
Dag drie: Die soektog na ’n vermiste Glen-kleuter duur voort. Foto verskaf

Drie dae later ná die verdwyning van ’n seuntjie van Glen noord van Bloemfontein is Vrystaatse polisie steeds op soek na hom.

Onkarabetse Leeuw (5) is Saterdag (8/11) laas gesien nadat hy van die huis af weg is en gesê het hy gaan sy pet by ’n maatjie haal. Onkarabetse se ma is ’n niggie van die ma van die vermoorde Katleho Leeuw.

Katleho se liggaam is op Saterdag 25 Oktober in ’n bos sowat 200 m van haar huis af gevind, drie dae nadat haar ma haar as vermis aangemeld het.


Luidens berigte glo sy ma ’n familielid het hom ontvoer uit weerwraak oor wat haar man na bewering aan Katleho gedoen het. Katleho se vermeende moordenaar en verkragter moet weer op Donderdag 4 Desember in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Intussen is hy vir ’n maand lange sielkundige evaluasie in die Vrystaatse psigiatriese hospitaal opgeneem. Die verdagte (30), wie se naam nie bekend gemaak mag word totdat hy gepleit het nie, het ook van sy borgtogaansoek afstand gedoen en geweier dat die media sy foto neem.

“Ons gaan voort met die soektog in die Glen-omgewing en doen ’n beroep op enigiemand wat iets gesien of gehoor het om dit asseblief by die polisiekantoor aan te meld,” sê Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “Volgens sy ma het hy Saterdag omstreeks 16:00 van die huis af weg is om sy pet by ’n vriend te gaan haal, maar hy het nooit teruggekeer nie. 

“Hy is laas gesien met ’n grys-en-swart T-hemp met langmoue, geel kortbroek en wit tekkies. Hy is lig van gelaat.”

Wat om te doen wanneer ’n kind vermis raak:

  • Fynkam eerstens die omgewing waar die kind laas gesien is. Doen ’n vyfpunt-soektog: noord, suid, wes, oos en vanaf die presiese plek. Moenie te veel tyd daaraan bestee nie, veral as dit ’n kind is, want die eerste uur is van kardinale belang.
  • Kontak hul vriende en meld die verdwyning onmiddellik by die polisie aan, veral as jy vermoed iets het met hulle gebeur of hulle is moontlik in gevaar, veral kinders.
  • Dit is baie belangrik om die organisasie te laat weet of die kind of volwassene afhanklik is van alkohol of dwelms, óf ly aan demensie of enige mediese toestand wat hul welstand of geestestoestand kan beïnvloed.
  • Alhoewel daardie inligting nie gepubliseer sal word nie, sal dit genoteer word dat hulle kwesbaar is en mense aangeraai word om hulle met sorg te behandel as hulle raakgeloop word.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.