On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Drie mans buite Upington aangekeer vir beweerde renosterstropery

───   07:23 Sun, 07 Dec 2025

Drie mans buite Upington aangekeer vir beweerde renosterstropery  | News Article
Drie mans is aangekeer na beweerde renosterstropery. Foto: Kandukuru Nagarjun / therevelator

Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof op Upington verskyn nadat ’n renosterhoring in hul besit tydens ’n padblokkade gevind is. Hulle word aangekla van renosterstropery en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die polisie het op ’n wenk reageer dat ’n voertuig na bewering ’n renosterhoring na Upington vervoer. Die drie mans in hul 40's is Donderdag (4/12)  op die N14 in hegtenis geneem.

Die voertuig is voorgekeer en deursoek, maar die mans kon nie rekenskap gee van enige van die items nie. Die polisie het ook beslag gelê op die voertuig.

Die wapen en ammunisie waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Genl.maj. Monica Sebili, kommissaris van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit, het die vinnige reaksie van die polisie geprys. “Dit bevestig die polisie se verbintenis om ’n veilige omgewing te skep vir alle inwoners hierdie feestyd.”

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.